plek

Deur 12 - 08 - 2009

i

ontstuimig brand die vorm
laat die inhoud vars, onaangetas
klere van ‘n ander eeu
hang onderstebo in my antieke klerekas

kyk aandagtig na die strate, markte
vroetel bietjie rond in hawestede
sluip kaalvoet snags deur halfverligte stegies
vou jou toe in ‘n boemelaarskombers

te veel preek graag oor spreuke lank vergete
sings vals psalms oor verdoemde ou idees
rym dogma in met nuwe wetenskap
steel slinks oornag, woorde uit ‘n kerker-biblioteek

ii

dosyne agterkinders, groter ouers voor
portrette teen verlepte mure, skyn halfhartig voort
boeke vol museums en ou geboue
sketse in ‘n duisend gange vol gedagtes

herinner slegs, sing melodies sonder stop

priesters dans met ou karosse gedrapeer
oor skouers hangend onder die gewig
vyftigduisend jaar se soeke na ‘n waarheid
hou in dreungesang aan om te dikteer:

dat plek en wete
nie net is waar jy behoort
maar waar, aan die einde
die siel behoort te wees

___________

Hierdie inskrywing dateer: 12 - 08 - 2009 om 09:12 en sorteer onder Fotografie. [...]

Gesluit vir kommentaar.