NOTA 1

platform vir die publikasie van notas, essays, gedigte en ander literêre werke

Betree die huis waar een ou vir jare, tot in die kortste ure van die dag, deur stil spasies gedrentel het in ou pantoffels. Pen in die hand. Oop notaboek êrens op ’n tafel, of ’n laaikas, of op die wasmasjien. Aanskou die resultaat van jare se vasklou aan dieselfde vrae, asof die Waarheid uit dit gepers kon word. En as jy die gedagtes, die antwoorde, of die soms eentonige proses herken as soortgelyk aan jou eie, soveel te beter.

Die area aan die regterkant sluit skakels in na al die inhoud: Persoonlike Agenda, VOLUME Twee, en twee versamelings gedigte. Daar is ook direkte skakels na die inhoudsopgawes van die drie boeke waaruit Persoonlike Agenda beslaan.

Die datums wat aangedui word naas (en onderaan) die titel van ’n stuk verwys na die oorspronklike datum toe die stuk geskryf is – in meeste gevalle pre-dateer dit hierdie webwerf.

As enige iets onduidelik is, of jy soek vergeefs vir weke lank na iets wat jy kon sweer jy vroeër begin lees het, kontak my gerus per email (mail[AT]brandsmit.net).

Lees aandagtig (vervieslik tot aan die einde van ’n bladsy), en as jy nie anders kan nie, vat ’n break, drink ’n koppie koffie, of gaan slaap. Die toekoms wag vir dié wat geduldig is om eers die betekenis van die lewe uit te werk.

Of dis ten minste wat ek myself altyd wysmaak …

Brand Smit
Dinsdag, 19 Augustus 2008

____________________

For the English version of this site, visit AssortedNotes.COM.

____________________