Sê dit beter – letters M-P

Hierdie blad bevat woorde wat begin met “M” tot en met woorde wat begin met “P”. Dit kom uit ’n projek getiteld, Sê dit beter, volume 1.


meesleur – meevoer, saamneem

neerbuigend – iemand behandel met minagting, uit die hoogte

negosiewinkel – winkel waar verskeidenheid artikels te koop aangebied word, veral op die platteland

newel – dynsig, mistig

noodgedwonge – deur die omstandighede gedwing (om iets te doen)

omskep – om iets of iemand te verander in iets of iemand anders

onder die loep – om iets fyn te bestudeer of waar te neem

ongerymdheid – gedrag wat die norm of etiket oorskry; onreëlmatigheid

ontbreek – afwesig (persoon), te kort skiet, te min hê

ontgogel; ontgogeling – ontnugter, teleurstel; disillusie, teleurgestelde verwagting

onthuts – ontstel, verbyster

ontleen (aan) – (uit iets) put, (van iets) erf, oorneem

ontsenu – uitput, afmat, kragteloos maak, uitmergel

onverkwiklik – onaangenaam, onsmaaklik

oorwoë – oordink, deurdag, iets wat goed oorweeg is

opstuif – 1. boontoe stuif of trek (bv. stof) 2. vererg, kwaad word

pedanties – beterweterig, foutsoekerig, skoolmeesteragtig

pluiskuil – hoë hoed met breë rand en plat kroon

preuts – skynsedig, aanstellerig eerbaar

pruil – dikmond wees, nukkerig; lippe trek asof jy dikmond is

prul – iets of iemand wat niks werd is nie; waardelose kuns of geskrif


A – G »» H – L »» M – P »» R – T »» U – Z

______________________