Sê dit beter – letters H-L

Hierdie blad bevat woorde wat begin met “H” tot en met woorde wat begin met “L”. Dit kom uit ’n projek getiteld, Sê dit beter, volume 1.


hebsug – sterk begeerte om goed te besit, gierigheid, inhaligheid

hoofgang – die prominentste koers (van ’n storie, gesprek, of geskiedenis)

hupstoot – om hoop of steun te gee, om aan te moedig

ingewyde – ingeligte, lid van die binnekring

innemend – vriendelik, gaaf, minsaam, sjarmant, bekoorlik

intrigeer – 1. knoei, konkel 2. belangstelling wek, nuuskierig maak, prikkel

invalshoek – kant of hoek waaruit ’n probleem of saak benader word

japtrap – kort rukkie, kort entjie, kits

kabaal – rumoer, bohaai, lawaai, herrie; groot wanorde

kamee – 1. edelsteen of siersteen wat bestaan uit lae van verskillende kleur 2. beskrywing of vertolking van iets of iemand in fyn detail

kartets – metaalbuis met skrootyster en ander inhoud wat uit ’n kanon of soortgelyke wapen geskiet word

keper – soos in, op die keper beskou; noukeurig nagaan of ondersoek

konsekwent – logies, ooreenstemmig, stelselmatig, beginselgetrou, beginselvas

kwetsend – kras (taal), bytend, skerp, sinies, snedig, wrang, krenkend, beledigend

kwyt – 1. verlore, beroof, weg 2. iets voltooi, jou plig doen

lakonies – bondig, kernagtig, saaklik

leedvermaak – om ’n ander se ongeluk, leed of swaarkry te geniet

legitimeer – goedkeur, wettig verklaar, bekragtig

loket – raamvormige opening in die muur van ’n kantoor of bo ’n toonbank

luidrugtig – hardop, lawaaierig, luidkeels, rumoerig


A – G »» H – L »» M – P »» R – T »» U – Z

______________________