Sê dit beter – letters A-G

Hierdie blad bevat woorde wat begin met “A” tot en met woorde wat begin met “G”. Dit kom uit ’n projek getiteld, Sê dit beter, volume 1.


aangedaan – bewoë, ontroerd, getref; wanneer jy ’n sterk emosionele gevoel ondervind

anekdote – ’n kort interessante storie, staaltjie, of vertelling

apokrief – twyfelagtig, ongeloofwaardig, onseker, nie as eg bewys nie

argeloos – onskuldig – soos ’n kind; te goeder trou, verwag niks kwaads nie

beduidend – belangrik, aansienlik

bekrompe – kleingeestig, kleinsielig

betrag – beskou, bekyk, oorweeg

daeraad – dagbreek, môrelig, rooidag

desweë – daarom, dus, derhalwe

drogredenasie – ’n vals en bedrieglike argument, of vals en bedrieglike redenering

dweepsiek – sterk neiging om te dweep, om (veral religieus) fanaties te wees; om besiel te wees met blinde ywer vir iemand, of vir ’n saak; oordrewe gevoelens van bewondering vir iets of iemand

efemeries – kortstondig, vlugtig, tydelik, van korte duur

empiries – gegrond op proefneming en observasie eerder as teorie

eteries – vlugtig; iets wat gou verdamp of verslaan

eweneens – ook, soos

fiasko – volslae mislukking, totale nederlaag, debakel

gebelg(d) – gekrenk, nukkerig, kwaad wees (oor iets wat iemand jou aangedoen het)

gedoem – gevonnis, veroordeel; wat nie te redde is nie

geneë/geneentheid – om iemand gunstig gesind te wees; geneig tot iets, lus daarvoor

geradbraak – (veral oor taalgebruik) verknoeid, gebrekkig

gramskap – woede, toorn, ergernis, wrewel

grotendeels – hoofsaaklik, in ’n hoë mate

gul – oorvloedig, ruim, mildelik, rojaal; gaaf, vrygewig, gasvry, ruimhartig


A – G »» H – L »» M – P »» R – T »» U – Z

______________________