PRODUKTIWITEIT EN DIE LEUEN

Deur 20 - 10 - 2003

Die primêre motiverings agter die keuses en aksies wat my daaglikse lewe definieer, is – soos ek vroeër vermeld het – die konsep van PRODUKTIEWE BENUTTING VAN LEWE TERWYL DIT IN JOU ARE VLOEI, en ‘n gepaardgaande RENONS IN DIE LEUEN.

Vele sal die idee wil propageer dat om soveel as moontlik geld te maak ‘n pragtige voorbeeld van PRODUKTIEWE BENUTTING is. Ek glo egter dat dit eers as sulks sal kwalifiseer as jy iets dóén met die geld wat sal lei tot betekenisvolle verbetering aan jou eie en verkieslik ook ander se lewens.

Om net baie geld te maak, en dan hoofsaaklik jou lewe toe te spits op genot en vermaak, is per definisie ‘n MORS VAN LEWE TERWYL DIT IN JOU ARE VLOEI. Dit kan ook op ‘n sekere vlak, en as die resultaat van ‘n argument wat ek nie nou gaan voer nie, bestempel word as ‘n LEUEN.

(Maandag, 20 Oktober 2003)

___________

Hierdie inskrywing dateer: 20 - 10 - 2003 om 20:34 en sorteer onder Boek Twee. [...]

Gesluit vir kommentaar.