NOTAS EN BRIEWE VAN MAART – MEI 2001

Deur 20 - 05 - 2001

‘n Vriendelike Waarskuwing

“When I sit in my cozy apartment in Taiwan I tend to forget what kind of society awaits me in my homeland. It’s the kind of society where you don’t get a state stipend for wit and opinion, nor for expounding theory on a freelance basis in private conversations…”

~ Uit die Ligbruin Notaboek

Junk Food-Ontbyt, En Betekenis In Die Lewe

“Work, marriage? Hmm… one needs money, true. One needs companionship, and children sometimes compensate people for not having anything else to give meaning to their lives. All these things have been time-tested, and seem to be universal truths.

Nevertheless, there is more than one way to satisfy the need for money other than a life-sucking job; more than one way to satisfy the need for companionship other than marriage; and more than one way to satisfy the need to experience meaning in your life other than having children.

Take me for example, I’m trying to make it as a Sermoner, and although it doesn’t pay the rent, I do get a kick out of preaching to other people. As for companionship and children, well… it’s not a perfect world. McDonald’s sell a decent breakfast, though. Have you tried that?”

~ Uit ‘n e-pos aan A.N. (9 Maart 2001)

[Volgende is 'n brief waarin die jonger broer vir die meer verantwoordelike ouer suster probeer verduidelik wat presies hy dink hy met sy lewe doen, siende dat hy reken...]

Ek Is Nie Die Baas Van Hierdie Wêreld Nie

“Ek voel ietwat confused op die oomblik. Vir die rekord moet ek sê ek dink dis simpel dat daar hierdie verwagting is dat almal teen 18, en op die laatste teen 24 moet weet wat vir hulle belangrik is en wat hulle wil hê; en indien dit wat hulle wil doen, wat vir hulle belangrik is, en wat hulle uit die lewe wil hê nie lekker strook met wat gewoonlik goeie finansiële belonings meebring nie, hoe hulle beplan om eersgenoemde te versoen met die wêreld waarin hulle leef – waar elkeen op eentonige reëlmaat sy pond vleis na die offertafel toe moet bring.

Die establishment van die wêreld waarin ons gebore is, hoop dat almal wat gradueer uit die Skole-van-Middelklas sonder twyfel en met oorgawe hulle plekke sal inneem, sodat ‘n ordelike en siviele samelewing kan voortgaan. Teen dié tyd weet al die Wyses van die huidige inkarnasie van Beskaafde Gemeenskap egter dat ‘n sekere persentasie van middelklas kandidate van vroeg af reeds paaie sal opsoek wat nie heeltemal ooreenstem met wat vir hulle uitgelê is nie. Die Wyses weet óók die meeste paaie loop na Rome – nie almal hoef ‘n konvensionele beroep te volg om hulle deel by te dra tot die handhawing en uiteindelike ewolusie van hierdie samelewing nie. En vir dié wat aandring om steeds nie ‘n bydrae te maak nie is daar genoeg plek in tronke, op straat, en in homes for the homeless. Society looks after their own.

Siende dat ek nooit een was wat sterk gevoel het oor ‘n lewe in die tronk of op straat nie, poog ék ook maar heelhartig om op een of ander manier my pad te vind Rome toe.

‘Waar lê die verwarring dan?’ mag jy vra.

Ek sou oraait wees op my eie, en ek weet watse pad ek kan loop met nice enough scenery om te kom waar ek moet. Maar nou dikteer die natuur wat die bestaan van ‘n miljoen generasies verseker het dat ek iemand nodig het om die pad mee te deel. En, soos ons almal weet, kruip die kinders kort voor lank een vir een uit die kaste uit, ongeag of jy al jou merk uitgepis het op die dorpsplein of nie.

Verward is ek, want wil ek hê die kinders moet blonde hare en skrefiesoë en Chinese name hê, of sal ek verkies dat ook hulle moeder se taal dieselfde bekende klanke sal wees as waarmee ek groot geword het? En as dit dan nie hier is nie, dan daar. En dan wat moet Pappa doen om brood te koop vir die kinders? En sussie wil ‘n grassnyer hê, en kleinboet ‘n paar hoë-hakskoene. En die vrou wil ook hierdie week se Huisgenoot hê! En al wat Pappa wil doen is om te skryf. En goeie bliksem hier kruip nog een nader! Vrou, wanneer het dit gebeur? Ek het dan skaars tyd om te skeer! Ek dink hierdie Babilon was nooit vir my bedoel nie… maar nou’s dit te laat want hulle downsize al weer! En ek strike al amper veertig en al wat ek wou doen is skryf maar toe dikteer die geenstruktuur dat ek nie meer alleen om my eie vuur wil sit teen dertig nie! En ek sit toe nog op ‘n eiland in die Verste Ooste, en ek dog toe die oupa en ouma sal seker ook die kleinkinders wil sien. En toe moet ek maar my beddegoed oprol en loop…

Ek is nie die baas van hierdie wêreld nie. So is die reëls, so is die game.”

~ Uit ‘n e-pos aan M. (21 Maart 2001)

[Om die middeweg te vind, of nie? En indien wel, waar? En indien nie, wat? Die debat gaan voort.]

Altyd Swerwend?

Ek kan wegkom daarmee deur myself voor te doen as een van hulle, deur ‘n ligweg onkonvensionele, maar nietemin middelklasbestaan te voer. Tot ‘n mate wil ek so ‘n lewe hê. Maar daar is altyd ánder lewens wat ook geleef kan word. En ek sal altyd een oog hê op die tipe bestaan wat ek nou voer.

Ek dink nie ek sal ooit in staat wees om ‘n konvensionele middelklaslewe te leef nie, selfs al is dit finansieel binne my bereik – en deesdae hoef ‘n mens nie noodwendig meer in jou eie land te woon om hierdie tipe lewe te hê nie. Ek sal nooit in staat wees om so ‘n bestaan te voer op ‘n gemotiveerde, toegewyde manier nie. Ek sal altyd oor die skouers van my bure loer na die mense wat nog swerwend is, onseker van wat dit is wat hulle móét of wil doen, op paaie wat nie heeltemal die “hoofweg” genoem kan word nie.

~ Uit die Pers Notaboek

… Of  Gaan Ek ‘n Punt Bereik?

1) Ek glo ek gaan een of ander tyd ‘n punt bereik waar ek sal sê: “Dit!” en nie “dat” nie; “Hierdie een, nie daai een nie”; “Hiernatoe, nie daarnatoe nie”; “Hier, nie daar nie.”

2) Ek reken ek mag dalk op die een of ander tyd ‘n punt bereik wanneer ek sal reageer teen die idee van om ‘n burger te wees van die Groter Wêreld; ‘n tyd wanneer ek sal retireer na ‘n kleiner wêreldjie waar minder dinge saak maak, waar dit makliker sal wees om besluite te neem.

3) Ek glo altyd daar is dinge wat ek veronderstel is om te doen, en dan is daar die dinge wat ek actually doen. Ek is altyd oortuig daarvan dat dit wat ek doen nooit so belangrik is soos dit wat ek veronderstel is om te doen nie; dat ek telkemale faal om die meer belangrike, en betekenisvolle dinge te doen.

4) “Don’t you want more?”
“More ice cream?”
“No, more everything! Don’t you want to do something important? Don’t you want the whole world to know who you are?”
“[No.] I already have everything I need.”

~ Nota uit die Ligbruin Notaboek (Die dialoog is uit ‘n fliek waarvan ek net ‘n klein deeltjie gesien het. Ek kon nooit uitvind wat die fliek se titel is nie.)

['n Update:]

Die Lewe In Maart 2001

“[...]. Ek slaap sewe ure elke nag, soms agt. Ek kyk twee of drie flieks elke week, en ek is gelukkig genoeg om elke nou en dan ‘n doodonskuldige gesprek in ‘n kroeg of op iemand se balkon oor te neem met ‘n interessanter onderwerp as die een wat mense besig was om te bespreek, om sodoende almal teenwoordig te red van mediocre gesprekke. Ek grawe fondamente, bou ‘n paar een slaapkamer huise in die vlaktes, en die mansions sal eersdaags vereer word in die pers.

Die lewe is goed. Ek het ‘n amper beter begrip van die heelal as die Pous, en vir amper soortgelyke redes.

My een vriendin het nou ingetrek in ‘n ou krot in die stad, maar sy bel my nog steeds 5:00 in die oggend van polisiestasies af, of terwyl sy besig is om straat af te hardloop in ‘n poging om weg te kom van dronk gangsters, en dronker thugs.

Die lewe op die oomblik, om ‘n lang storie kort te maak, is interessant.

Dit sal goed wees om die een of ander tyd by julle ook te gaan kuier. Die woonstel wat julle gaan koop klink soos die ideale plek om af te pak vir ‘n paar dae. (Uhm, wat nog…)

Briewe soos hierdie vereis dat ek moet stilsit vir etlike minute om te konsentreer op feite. Ek vind dit veeleisend, dus gaan ek nou maar afsluit voor ek begin lieg om myself te entertain.”

~ Uit ‘n e-pos aan A. (29 Maart 2001)

Nuwe Ritmes, En Ou Insigte

Ek voel altyd so half vuil, behalwe natuurlik wanneer ek skoon is, wat nie gewoonlik is nie. So ek voel altyd so half vuil… Ek begin vind dat ek nie wil gaan slaap nie. Die idee van om vir vyf, ses ure – selfs partykeer agt ure! – nie wakker te wees nie, maak my angstig.

Ek begin ook te voel soos ‘n sekslose organisme wat die skyn voorhou van om ‘n mens te wees. Nie net bring ek omtrent 24 uur per dag in my donker woonstel deur nie, maar die moontlikheid dat ek ‘n man is wat ‘n vrou nodig het, raak elke oggend om 6:00 skraler as ek die pas-getroude paartjie twee vloere op hoor in hulle oggend-ritueel van bed-teen-die-muur-stamp, en ek nie meer wens ek kan in ‘n soortgelyke posisie wees nie.

Dit herinner my aan die tyd toe ek warm etes afgelewer het in Stellenbosch. Ek moes ‘n bestelling gaan aflewer in ‘n nuwe uitbreiding, duskant die dorp. Dit was aand, my petrol was laag, en ek het nie geweet waar die afdraai was nie (dit was by ‘n groen bord wat gesê het “Green Cables” of so iets, en dan moes ek vir omtrent ‘n kilometer die veld inry). Ek het toe die afdraai gemis en halfpad Paarl toe gery voor ek besef het ek is in my moer in. Ek het nie ‘n keuse gehad nie – ek moes omdraai. Ek moes probeer om die afdraai te vind wat ek gemis het.

~ Uit die Pers Notaboek

Die Uitdaging:

DURF om soos Johannes die Doper / alleen die woestyn binne te gaan…

~ Uit die ICARUS Joernaal, 9 April 2001

Icarus Joernaal, Inskrywing # 24

20 Mei 2001

I like living in the Orient – it appeals to a certain part of my personality. I think it has something to do with my reluctance, my lack of desire to belong (and to commit). As a foreigner in the Orient, and especially as a Westerner, one can lead a good life. You can exist, without ever belonging…

Hierdie inskrywing dateer: 20 - 05 - 2001 om 23:28 en sorteer onder Boek Een. [...]

Gesluit vir kommentaar.