EEN/NUL, EN HOEKOM EEN BETER IS

Deur 12 - 10 - 2003

Soms maak iemand ‘n keuse, en dit kan net beskryf word as die slegter een van, kom ons sê twee, opsies. Wat betref iemand anders se keuse, het ek ook ‘n keuse: om óf te probeer verstaan hoekom iemand ‘n spesifieke keuse gemaak het, óf om nie te probeer verstaan nie.

As ek daarin slaag om te verstaan hoekom iemand die slegter een van twee keuses gemaak het en dit dan so verduidelik aan ‘n derde party, is laasgenoemde soms geneig om te sê, “Maar dis nie ‘n verskoning nie” en dat ek die persoon verdedig.

My antwoord is dan dat net omdat ek verstaan hoekom iemand ‘n slegte keuse gemaak het, nie skielik die keuse minder sleg maak nie. ‘n Slegte keuse is ‘n slegte keuse, of jy verstaan wat die persoon gemotiveer het, of nie. Maar ek glo ook dat die keuse om nié te wil verstaan hoekom iemand ‘n slegte keuse gemaak het nie, óók die slegter een van twee opsies is.

[Sondag, 12 Oktober 2003]

___________

Hierdie inskrywing dateer: 12 - 10 - 2003 om 20:02 en sorteer onder Boek Twee. [...]

Gesluit vir kommentaar.