Drie Updates En ‘n Verduideliking, Desember 2001

Deur 13 - 12 - 2001

['n Paar stukkies banale teks: Die eerste twee kom uit e-posse aan my vriendin T., die derde een kom uit 'n e-pos aan 'n Franse vrou wat ek in Korea ontmoet het, en die laaste stukkie uit 'n e-pos aan 'n vriendin in Taiwan.]

———————

3 Desember 2001:

“[...] net toe ek dog ek moet ‘n rewolusie uitvoer in julle geweste om ‘n bietjie nuus te kry, land jou pos in my bus.

Hier gaan dit goed. Ek werk uiteindelik weer volstoom in klaskamer-hoedanigheid om ‘n bietjie die sakke vol geld te stop, en met die skrywery gaan dit ook goed. (Die klaskamer-ding beteken natuurlik dat ek weer vroeg in die oggende moet opstaan, maar dis seker die prys wat ‘n mens moet betaal om die luukshede van die lewe te kan bekostig).

Hierdie stad waar ek bly is deesdae ‘n ander plek as wat dit was drie jaar gelede. Hier’s nou so baie Suid-Afrikaners dat ek deesdae omtrent net met Afrikaansprekendes uithang. En dan is daar natuurlik ook die [jong vrou met wie ek nog lank vriende sou bly].

So die lewe is deesdae heelwat meer rooskleurig as ‘n tyd gelede. Ek het selfs my internasionale krieketdebuut gemaak twee dae gelede op die stowwerige krieket/baseball-veld van ‘n naburige stad. Dit was ‘n vriendelike toernooi tussen groepe van Suid-Afrika, Engeland, Australië, en ‘n ‘Wêreldspan’. Ons – met my as paaltjiewagter – het die eendag-toernooi gewen. (My eie aandeel was ietwat onduidelik, maar ek het ten minste soos ‘n sportman gelyk.)

Verder werk ek aan ‘n miljoen projekte, propageer wyd-en-suid my teorieë oor die prag en skande van die menslike natuur, en word al hoe vetter van al die koek wat ek eet saam met die jong dame wat nog die lekker lewe mis in die Boland. Laastens, en definitief die slordigste nuus, ek het onlangs die trotse eienaar geword van ‘n klein hondjie wat die hele woonstel vol bedinges…”

6 Desember 2001:

“Ek weet nie of ek jou gesê het nie, maar ek werk nou weer in die oggende, wat beteken ek moet skielik weer 6:30 opstaan. SES-DERTIG! Dis die onbeskaafste, mees obsene ding wat ek hierdie hele jaar gedoen het! Gister het ‘n vriend van my verjaar, so almal het opgetrek na een van die fancy westerse restaurante in die stad om dit te vier. Na heerlike fried calamari, een of ander onspelbare pasta, kaaskoek, wyn en koffie het ek eers 2:00 vanoggend in die bed gekom. EN SES-DERTIG OPGESTAAN!

Ek voel weerloos, en rou. En dit was vandag maar net die vierde dag van hierdie onbeskaafde gedrag. En die hond werk op my senuwees want sy eet alles in die huis op behalwe die lekker kos wat ek vir haar gee. En nou dink die bure ek mishandel haar, want elke dag as ek halfgeklee by die woonstel uitstorm op pad na my OGGENDKLAS! toe, dan sit sy by die deur en sing bewoë deur die hele versameling Briel-tranetrekkers.

[...]

Dit is die nuus uit die hart van die Republiek van Nuwe Mense, Beloftes, Stout Honde, en TE VEEL VROEË OGGENDE!”

10 Desember 2001:

“It’s strange, but sometimes I don’t feel like talking about my life. And it’s not even because it’s not going well, because at the moment I’m actually doing better than many times in the past. I’ve met a lot of new people from South Africa, and South Africans who’ve been here for a while but whom I had never met.

My weeks are normally filled with either work or socialising. But writing about it or telling people about it sometimes make me feel like I’m giving regular reports about my life. Like it’s unusual that I would do things that might be entertaining, or that it’s worth reporting that I had met new people.

This reluctance does not only apply to good friends, but even to my family. They would ask me for news, and I’d see the images in my head of me having a good time with lots of people, and going places and doing things, but then I’d reply a second later that I don’t really have any news, and that everything is continuing as usual. Strange, isn’t it?

I’m also quite busy again on the teaching front. A lot of those cheap contract teachers have left, so schools are suddenly in need of replacements. I’m going home for two weeks at the end of March, and I’m planning to return for another year or so…”

13 Desember 2001:

“Jy’s reg as jy sê die lewe gaan soms ‘n bietjie vinnig verby hier. Ons verbeel onsself dat dit alles alledaags is, dat ons net moet voortgaan asof ons in Stellenbosch of Pretoria sit. Feit is dat daar elke dag duisende brokkies data in ons koppe invloei, en soms freeze die hard drive. ‘n Mens moet tyd maak om ‘n bietjie files te delete, en ‘n paar folders te skep waarin jy al die ervarings en informasie kan wegbêre.

Ek het van die begin af op my eie gewoon [in Taiwan], so ek het nog altyd meer as genoeg tyd gehad om alles te verwerk, en dan nog ‘n bietjie te verwerk, en dan nog ‘n bietjie… en dan ‘n teorie te ontwikkel om alles saam te vat, en dan ‘n honderd essays te skryf oor die unlikely toepassing van my teorie op die werklikheid.

[...]

So, twee-uur, drie-uur, vyf-uur, jy kan maar bel. Ek is ‘n herberg.”

Hierdie inskrywing dateer: 13 - 12 - 2001 om 23:11 en sorteer onder Boek Een. [...]

Gesluit vir kommentaar.