Laaste gedagtes voor Taiwan … Eerste gedagtes in Taiwan

Laaste gedagtes voor Taiwan

Dinsdag 29 Desember 1998

Ek sit hier en wonder of daar nie alternatiewe was, al die pad terug in April nie. Nie uit spyt nie, net soort van as ’n noodsaaklike mental exercise.

Is ek spyt oor enige iets? Die versoeking is groot om te sê “ja”, but it wouldn’t hold up to rigorous scrutiny. So, nee. Hier volg die redes. Ek het die belangrikste stap denkbaar geneem om my skuldeisers in die gesig te staar. Enkele dae na my terugkeer [uit Korea] was ek besig om versoening te onderhandel. Ek het al die belangrikste kennisse en vriende gesien, en kennis gemaak met ’n paar nuwes. Ek het ses weke by die huis gespandeer, en toe vir ses maande lank gewerk vir ’n maatskappy wat hoofsaaklik toegespits is op wins. Ek het eerstehands ervaar wat ek nog altyd gedink het van corporate life. Ek het in Johannesburg gewerk en gewoon vir ses maande lank, wat my onkunde oor die plek ’n doodsknel gegee het. Ek voel werklik meer ingelig, en meer ervare danksy hierdie tydperk. Ek het ook baie plekke gesien, en dinge ervaar wat ek gemis het tydens my “isolasie” in Korea.

Maar, dit is om ’n mooi prentjie te skets ter wille daarvan om nie spyt te wees nie. Ter wille van eerlikheid, moet ek ook die anderkant van die verhaal skets.

In terme van mag – wat ek oudergewoonte definieer as die vermoë om keuses te kan maak, keuses te kan uitoefen, en om nie afhanklik te wees van ander nie – was ek ’n big time loser die afgelope sewe of agt maande. Big time. Ek stel myself inderdaad in die verleentheid om steeds te probeer om terug te baklei, om steeds my waardigheid te wil verdedig.

Die aaklige waarheid is dat ek tans meer magteloos is as wat ek ooit tevore in my lewe was. Vir al die belangrikheid wat mag, onafhanklikheid, waardigheid en trots vir my gehad het agt maande gelede, is dit ironies dat ek soveel verloor het op al hierdie terreine! Vir hierdie rede, en hierdie rede alleen, sou ek kon sê dat ek spyt is dat ek nie reeds einde Junie probeer het om weer ’n teaching job te kry in die Ooste nie.

Maar, daar’s geen sin in spyt nie, so ek gaan nie tyd daarop mors nie. Ek het gedoen wat ek gedoen het. Ek het ’n paar dinge geleer, en ek was ’n paar keer neergevel teen die grond. But at least I came out for the fight, of hoe? Al was dit half teësinnig, en al lyk ek nie exactly soos ’n held op die oomblik nie.

Wat’s volgende?

Ek het gesien, vir as ek vergeet het, hoe lyk finansiële magteloosheid. Nie weer nie. Nie as dit van my afhang nie. Hierdie jaar was na alles een van die verrykendste jare van my lewe, al gaan ek dit gewond en beseerd, en swak gewapend uit. (Mens kan amper sê ek het die jaar ingegaan soos ’n Duitse soldaat in 1939, en ek gaan dit uit soos ’n Russiese soldaat in 1917.) ’n Verlore jaar was dit nie, daarvoor het ek veels te veel baklei, en te veel skermutselings oorleef. Die res van die duisend myl reis wat ek begin het, sal voortgaan. Two steps forward, one step back. Maar ek sál voortgaan.

Lank lewe my eie rewolusie!

Eerste gedagtes in Taiwan

Woensdag 27 Januarie 1999

Fengshan City, Kaohsiung County

Op die onderwerp van toewyding: Wanneer jouself toewy aan Een Saak, Een Ding, moet dit elke dag deel van jou lewe wees, anders vervaag die toewyding. Jy moet jouself op ’n daaglikse basis, aktief – nie noodwendig uitsluitlik nie, maar aktief – daaraan toewy.

Later meer oor Fengshan City, Taiwan …

______________________