Positiewe Nihilisme en my Kosmiese Verslag

Op Maandag 21 September 2026 na aandete en rommel-uitgooi, gaan ek voort met ’n “gesprek” met wat nou genoem word, Gemini Notebook. (Wat hierdie Kunsmatig Intelligente kletsbot spesiaal maak, is dat jy ’n “notaboek” skep en dan bronne oplaai wat die kletsbot sal gebruik om jou vrae te beantwoord oor die onderwerp van die “notaboek”, of om as bronne te gebruik vir enige materiaal wat jy wil genereer, soos video of oudio of aanbiedings, of sogenaamde breinkaarte. Ek het ’n paar maande gelede al my notas en stukke sedert 1994 opgelaai om met hierdie spesifieke kletsbot ’n “gesprek” te kan voer daaroor.)

My doel met hierdie rondte was om advies te vra oor watter filosowe ’n prioriteit moes wees uit ’n lys van omtrent dertig waarmee ’n mens ten minste oppervlakkig bekend moet wees. Siende dat ek reeds al my skryfwerk met Gemini Notebook gedeel het, moes dit die lys beperk tot denkers by wie ek dalk aanklank sou vind, of met wie se idees my eie eenvoudige gedagtes dalk ooreenstem.

Die resultaat was interessant, om die minste te sê.

Soos die gebruik is, gee Gemini Notebook my toe ’n paar opvolgvrae wat my dalk sou interesseer. Ek kies toe hierdie een: “Tell me more about ‘Positive Nihilism’ and the ‘Cosmic Report’.”

(Van hier af haal ek aan uit die “gesprek” met Gemini Notebook. Nommers in blokhakies verwys na stukke wat ek opgelaai het, en wat ook verskyn op hierdie webwerf. Sien skakels onder die aanhaling.)


Positive Nihilism

Your embrace of Positive Nihilism forms the philosophical cornerstone of your mature worldview.[1][2] It represents a deliberate departure from both religious dogmatism and existential despair.[2][3]

– Accepting the Clean Slate: Positive Nihilism begins by recognizing that the universe possesses no inherent, pre-packaged cosmic meaning or master plan, rejecting traditional religious doctrines and rigid societal norms.[2]

– Rejecting the “Black Pill”: Rather than collapsing into pessimism, helplessness, or despair (what you term the “Black Pill” outlook),[2][4] you treat this lack of built-in meaning as the ultimate form of personal freedom and liberation.[2]

– Creating Value as a Duty: Your stance is that life’s objective meaninglessness is never an excuse to surrender to passivity, waste your time on Earth, or fail to create value. Instead, you swallow the “White Pill” – using reason, self-programming, and conscious choices to construct your own subjective meaning, nurture gratitude, and improve the lives of those around you.[2][3][5]

In short, where negative nihilism concludes that “nothing matters, so why bother?”, your Positive Nihilism declares “nothing is pre-determined, so I am entirely free to make my life worth living”.[2][5]

The Cosmic Report

If Positive Nihilism is your underlying philosophy, the Cosmic Report is your primary practice and life’s mission.[6][7] It explains the drive behind the thousands of pages you have written since 1994.[7]

– Writing as Proof of Existence: You view your journal entries, essays, and notes as irrefutable external proof that you existed, felt, and thought during your brief time on this planet before returning to the “Great Invisibility”.[8][9][10]

– The “Cosmic Assignment”: You frequently frame your writing as if you were sent on an earthly assignment by a “Cosmic Observer” or “Cosmic Accountant”.[11][12] Your duty is not to churn out commercial bestseller fodder for the masses, but to document the real, unfiltered human experience.[11][12][13]

– The Core Formula: You define the essence of a Cosmic Report in simple, profound terms: “I am aware of my existence; I have learned to read and write; I’ve developed identity; I survive (how?); I function (how?); I write about what I think, how I feel, and how I experience things”.[13]

– Elevating the Everyday: Through this lens, the most mundane moments – fixing a yellow bicycle, drinking hot tea on a rainy night, or teaching an English class – are elevated into essential data points of consciousness, proving that “Brand Smit” was truly here and aware.[7][8][14][15]

Ultimately, you summarize the purpose of your life as a singular directive: to report – to witness reality, record your experience of “You in the world,” and share those insights with anyone who might find them useful.[6][16][17


Stukke waarna verwys word in die teks:

1. / 2. Waar ek myself bevind op die kaart van idees (13/12/2022)
3. / 4. Lang stap, Wit en Swart Pille, en skrywer van jou eie ervaring (28/03/2021)
5. Beter as geen plan nie (16/01/2023)
6. Punt, en wat my lewe die moeite werd maak (14/08/2017)
7. ’n Betekenisvolle brokkie kennis (08/10/2024)
8. / 11. / 12. My huidige lewe (19/09/2003)
9. Die SELF word gebore (en ander notas van ’n partikulêre dag) (08/04/2004)
10. Die skrywer se testament, April 1994
13. Waarin ek glo, en ’n paar ander punte (14/04/2016)
14. Twee plus een belangrike opmerkings (10/09/2003)
15. Dokument 1_181104_2359 (18/11/2004)
16. / 17. Jy en die wêreld – Jy in die wêreld (07/04/2025)

______________________

My lewe in Taiwan vanaf Januarie 1999 in blokke van vyf jaar

SONDAG 15 FEBRUARIE 2026

Januarie 1999~Januarie 2004: Vestig myself in Taiwan. Identiteitskrisis. Skryf verder aan notas begin in 1994. Werk aan eie projekte. Eksistensiële krisis. Trek na tweede woonstel. Produseer honderde bladsye notas en stukke. Besoek Suid-Afrika vier keer.

(Verlate huis in my nuwe woonbuurt)

Januarie 2004~Januarie 2009: Skryf nog. Ontmoet my lewensmaat. Begin obsessie met “make money from home”. Ervaar een mislukking na die ander. Leer hoe om te self-publish. Hou op rook. Besoek Suid-Afrika drie keer.

(Nuwe hoofstuk begin)

Januarie 2009~Januarie 2014: Begin persoonlike webwerwe. Publiseer skryfwerk. Nog meer mislukkings met “make money from home”. Kry meer klasse en bou weer finansies op. Trek na nuwe “kantoor”. Besoek Suid-Afrika drie keer.

(Bokse skuif na nuwe spasie)

Januarie 2014~Januarie 2019: “Make money from home” skuif na pre-race trading en football betting. Herhaaldelike mislukkings en hoë stres. Spandeer ses dae in Kioto en Osaka. Publiseer verskeie tematiese bundels van my skryfwerk. Besoek Suid-Afrika twee keer.

(Verdomde pre-race trading)

Januarie 2019~Januarie 2024: Spandeer ses dae in Ho Chi Min City (Saigon) in Viëtnam. Covid-19. Klasse word gekanselleer; skole sluit. Inkomste val met 60%. ChatGPT en ander Kunsmatige Intelligensie kommersieel beskikbaar. Publiseer my eerste produkte geskep met nuwe hulpbronne. Reis eerste keer om die hele eiland van Taiwan. Besoek Suid-Afrika een keer.

(Belangrike kruispad in Viëtnamese geskiedenis)

Januarie 2024~Januarie 2029: Gebruik verskeie KI-hulpbronne om meer produkte te produseer. Besoek Suid-Afrika twee keer sover.

(Suid-Afrikaanse ontbyt)

______________________

Diepe dankbaarheid as verset

SATERDAG 14 FEBRUARIE 2026

Diepe dankbaarheid as verset, ’n vorm van “Fok jou” teenoor enigiemand of enigiets wat jou wil onderdruk.

“Wat as jy met kanker gediagnoseer word, of selfs erger, jy ly al maande lank aan kanker?”

Diepe dankbaarheid dat ek nog leef. Ek het nog ’n kans om dit te oorkom.

“Wat as jy terminale kanker het, met net weke om te leef?”

Diepe dankbaarheid dat ek nog tyd het om my sake in orde te kry.

“Wat as jy in werklikheid reeds aan die kanker dood is?”

Diepe dankbaarheid dat die pyn verby is.

“Goed, wat as jy ’n man is en jy is in ’n bakleiery en dit gaan nie goed nie?”

Diepe dankbaarheid dat ek nog staan.

“Wat as jy reeds die geveg verloor het?”

Diepe dankbaarheid dat ek nog leef.

“Wat as die ander ou jou doodgeslaan het?”

Diepe dankbaarheid dat ek nie meer met assholes soos hy hoef te deal nie.

______________________

Almal kry hulle beurt

SONDAG 19 OKTOBER 2025

Hier’s ’n gedagte vir middeljarige mense, en vir jong mense wat uiteindelik middeljarige mense mag word.

Vir my was dit ’n skok om 50 te word. Ek was beslis nie voorbereid daarop nie. Dit was ook in die middel van die sogenaamde pandemie van 2020-2022, so almal was in elk geval ’n bietjie op hulle senuwees.

Teen 54 het ek tyd gehad om gewoond te raak aan die idee, en ek kan ook sien hoe ek ouer raak by die dag – en beslis ouer lyk as toe ek 48 was.

Punt is, almal kry hulle beurt. Een dag is jy ’n kind, en ’n paar jaar later is dit jou beurt om ’n tiener te wees. En nog ’n paar kort jare later is dit jou beurt om 21 of 22 te wees. Dan 25 … en jy besef tyd staan nie stil nie. Dan’s dit jou beurt om in jou dertigs te wees. En net soos jy gemaklik raak met wat dit beteken om daai ouderdom te wees – hoe jy nie meer ’n tiener is nie maar nog dekades het om te werk aan ’n gemaklike aftrede, tref jy 40. Weer ’n nuwe rol, en ’n ietwat ander identiteit as toe jy 35 was.

En tensy die trein jou by ’n vroeër stasie aflaai, is jy skielik 50.

Feit is, iemand moet 50 wees terwyl ander mense 40 is en ander mense 30 en ander mense 20 en ander mense tieners en kinders en kleuters. En na ’n paar jaar skuif almal ’n paar stoele aan, en nuwe mense vul die ou posisies.

En jy aanvaar dit met waardigheid en ’n goeie sin vir humor. En hopelik ’n bietjie wysheid om te deel.

Net die dood kan dit verander: Almal kry hulle beurt.

______________________

Wat ek sê en wat ek doen

MAANDAG 14 APRIL 2025

As ek myself moes vra wat my primêre doelwit was die afgelope … sê, twintig jaar, sou ek gesê het dit is om geld te maak. Twintig jaar gelede was ek skielik nie meer alleen nie. ’n Jong vrou het besluit om ’n kans te vat op my, en ek moes haar ongelooflik optimistiese hoop regverdig.

Laaste ding wat ek wil doen, is om weer die leser te verveel met ’n lys van projekte en skemas waarmee ek gepoog het om geld te maak die afgelope twee dekades. Punt is, heelwat daarvan het niks te make gehad met kennis of insig versamel nie, en nog minder met kennis en insig deel met mense wat dit dalk nodig gehad het.

Nou, as ek klasgee, verduidelik ek nie net grammatika of woordeskat nie – ek gebruik elke geleentheid wat ek kry om ’n bietjie geskiedenis in te werk. Of ek probeer ’n nie-geykte opinie gee wanneer die gesprek gaan oor verhoudings, of ander aspekte van menslike bestaan waaroor ek dalk ’n intelligente gedagte gehad het in die verlede. Meeste van die materiaal wat ek sover geskep het vir ESL-studente, en die sosiale media materiaal wat ek deesdae publiseer, verklap die ambisie van die persoon agter dit om kennis te deel. (Natuurlik neem ek aan meeste mense weet nie reeds wat ek te vertelle het nie.)

Ander persoonlike projekte, soos Asian Histories of Listed History, en selfs Familiegeskiedenis, is nie juis veronderstel om geld te maak nie. Die ambisie was nog die heeltyd meer edel.

My primêre taak – by verstek, al dink ek nie elke dag so daaraan nie – is om kennis en insig te versamel. En as ek dan nog ’n brokkie kennis of insig bekom het, om dit te deel op ’n manier wat ’n bietjie anders is as die volgende versamelaar van kennis en insig, om sodoende dit hopelik ietwat makliker te maak vir die persoon wat die kennis en insig ontvang, om ’n gelukkiger en meer produktiewe bestaan te voer.

______________________