’n Paar rowwe gedagtes oor die WEF, Amerikaanse imperialiste, en Kritiese Sosiale Geregtigheid

WOENSDAG 23 MAART 2022

Volgens sommige mense op sosiale media is die Wêreld-Ekonomiese Forum (WEF) ’n bose organisasie wat gerig is op wêreldoorheersing.

Ander mense noem hierdie “doom and gloom” ’n klassieke voorbeeld van ’n samesweringsteorie en wys op goeie werk wat die WEF doen op gebiede soos gesondheid en wetenskap.

Hier is wat ons weet: Die WEF is in 1971 deur Klaus Schwab gestig. Die doelwitte van die organisasie is geen geheim nie. Hulle eie webwerf sê die volgende:

The World Economic Forum is the International Organization for Public-Private Cooperation. The Forum engages the foremost political, business, cultural and other leaders of society to shape global, regional and industry agendas. […] The Forum strives in all its efforts to demonstrate entrepreneurship in the global public interest while upholding the highest standards of governance. Moral and intellectual integrity is at the heart of everything it does. […] We believe that progress happens by bringing together people from all walks of life who have the drive and the influence to make positive change.

In ’n artikel getiteld, “How do we do our work?”, verduidelik die WEF dat hulle vier jaarlikse vergaderings hou: ’n vergadering in Davos-Klosters, Switserland, wat daarop gemik is om globale, streeks- en nywerheidsagendas te ontwikkel aan die begin van elke kalenderjaar; ’n vergadering in die Volksrepubliek van China oor innovasie, wetenskap en tegnologie; ’n vergadering in die Verenigde Arabiese Emirate wat kundiges in die kennisgemeenskap bymekaarbring om hul insigte te deel oor groot uitdagings wat die wêreld in die gesig staar; en ’n vergadering wat daarop gemik is om bedryfsagendas te ontwikkel, en te verken hoe nywerhede kan oorskakel van die bestuur van verandering na baanbrekerswerk met verandering.

Die WEF se stigter het ook twee boeke geskryf: The Fourth Industrial Revolution, gepubliseer in 2016, en Shaping the Fourth Industrial Revolution, gepubliseer in 2018. Die doelwitte van sy organisasie word weereens uitgespel in die publikasies.

Ten minste kan ’n mens nie sê dat hulle geheimsinnig is oor hulle doelwitte nie.

Dit is ook waar dat hulle ’n program het vir jong en belowende leiers in politiek, besigheid en ander sektore van die samelewing: die Forum of Young Global Leaders, vir leiers onder 40, is begin in 2004, en die Global Shapers Community vir potensiële leiers tussen 20 en 30, is begin in 2011. Die doel van hierdie forums is om potensiële leiers van die toekoms op te lei in die doelwitte van die organisasie. Leiers wat deel van die program is, of was, sluit in hoëprofiel-Amerikaanse Demokrate (Peter Buttigieg en Tulsi Gabbard) en Republikeine (Tom Cotton en Daniel Crenshaw); die Adjunk Eerste Minister van Kanada, Chrystia Freeland; die eerste minister van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern; Emmanuel Macron, die president van Frankryk; die Eerste Ministers van België en Finland; die kroonprins van Noorweë; verskeie ander lede van Europese kabinette; verskeie hoëprofiel-politici in die Midde-Ooste, Afrika en Suid-Amerika. Dan is daar Elon Musk; Mark Zuckerberg; medestigter van PayPal, Peter Thiel; die stigter van Wikipedia, Jimmy Wales; medestigter en uitvoerende hoof van YouTube, Chad Hurley; en ander invloedryke lede van media, kuns, kultuur, sport en wetenskap in lande regoor die wêreld.

Wikipedia sê die volgende:

The [WEF] suggests that a globalised world is best managed by a self-selected coalition of multinational corporations, governments, and civil society organizations, which it expresses through initiatives like the “Great Reset” and the “Global Redesign”. It sees periods of global instability – such as the financial crisis of 2007–2008 and the COVID-19 pandemic – as windows of opportunity to intensify its programmatic efforts. […] The World Economic Forum and its annual meeting in Davos have received criticism over the years. Challenges raised about the conference and the WEF include: the organization’s corporate capture of global and democratic institutions, and institutional whitewashing initiatives; the public cost of security, the organization’s tax-exempt status, unclear decision processes and membership criteria, a lack of financial transparency, and the environmental footprint of its annual meetings. As a reaction to criticism within Swiss society, the Swiss federal government decided in February 2021 to reduce its annual contributions to the WEF.

So, is hulle boos en gemik op wêreldoorheersing? Noem dit ’n samesweringsteorie as jy wil, maar dit laat sekerlik wenkbroue lig as ’n “self-selected coalition of multinational corporations, governments, and civil society organizations” op hulle eie besluit wat die beste manier is om ’n “globalised world” te bestuur. [Teenpunt: Hoekom moet mense wat reeds in posisies van mag en verantwoordelikheid is nié bymekaar kom om van mekaar te leer en hul pogings te optimaliseer nie? Dit beteken nie dat hul pogings edel is nie, maar dit is sekerlik nie vreemd dat hierdie spesifieke mense saam sou kom en politiek praat nie.]

Om dit meer interessant te maak, noem sommige mense ook die Open Society Foundations van George Soros, en sy leër van nie-regeringsorganisasies werksaam in 37 lande. Doelwitte: die bevordering van geregtigheid, onderwys, openbare gesondheid en onafhanklike media. Daar is egter mense wat sommige nie-regeringsorganisasies daarvan beskuldig dat hulle sedert die einde van die Koue Oorlog Westerse belange eerder as plaaslike gemeenskappe dien. Een voorbeeld: “The NGO Invasion of the Arab World”.

Daar kan aangevoer word dat die WEF se doel op ’n manier soortgelyk is aan dié van die Bolsjewiste na die rewolusies van 1917 in die ou Russiese Ryk. Die plan was dat ’n elite absoluut oor die massas sou regeer in die naam van ’n edele saak. In die geval van die Bolsjewiste was die saak, “Die proletariaat en die grondlose boer”. In die geval van die WEF sal hul mandaat om te regeer ’n nie minder edele doelwit wees nie as, “Die voortgesette oorlewing van die mensdom op planeet aarde”. Natuurlik, wanneer jy in die naam van so ’n verhewe doel optree, wanneer jy optree vir die beswil van die mensdom, watter tipe teenstand kan redelik en wettig wees? Is daar enige hoop dat heterodokse denke en protes in enige vorm nie verpletter sal word nie?

Die WEF is egter nie die enigste groep met planne wat dalk kan lyk soos wêreldoorheersing nie. Daar is mense wat beskryf kan word as aan die “ou” linkerkant van die politieke spektrum (Consortium News, The Grayzone) wat stewige argumente voer oor Amerikaanse ambisies om die nommer een mag in ’n unipolêre wêreld te bly (een voorbeeld: “The Target is China”), waar die hulpbronne en nasionale belange van ander lande onderhewig is aan Amerikaanse behoeftes (weereens, ’n voorbeeld: “Super Imperialism: The economic strategy of American empire with economist Michael Hudson”). Dit is ’n wêreld waar lande wat weerbarstig is of wat minder entoesiasties is om ondersteunende rolle te speel, gestraf word, of geïsoleer word totdat hulle hulself weer waardig bewys het vir Amerikaanse ondersteuning.

Hoe sien die mense van die WEF/Open Society – meestal Europeërs en/of nie-Amerikaners – hul doelstellings afspeel op ’n planeet waar een magtige land hulself sien as die draers van ’n godgegewe mandaat om onbetwiste heersers van die wêreld te wees?

Nog ’n vraag is watter effek sogenaamde Kritiese Rasseteorie (Critical Race Theory) in die volgende dekade of twee op die Amerikaanse samelewing gaan hê.

As jy te besig was om op te let: Kritiese Rasseteorie het in die laaste kwart van die vorige eeu uitgebreek uit akademiese duisternis tot ’n dominante posisie in veral die Engelssprekende akademiese, politieke, korporatiewe, opvoedkundige, en vermaaklikheidswêrelde. Sommige denkers, veral John McWhorter, voer ’n goeie argument dat Kritiese Rasseteorie/Kritiese Sosiale Geregtigheid behoort te kwalifiseer as ’n religie. Wat bedoel hy hiermee? ’n Resensie van McWhorter se boek, Woke Racism, som dit mooi op:

McWhorter’s case rests on identified similarities between wokeness—disciples of which he calls the “Elect” – and religion. The Elect have internally inconsistent views, which require dogmatic commitment to hold. They have “superstition,” which is to say questions they deem it impolite to ask or try to answer. They have “clergy,” in the form of woke influencers like Robin DiAngelo and Ibram X. Kendi. They have “original sin” in the sense that being born white confers an irremovable moral stain. They evangelize. They have an eschatology, a belief in a coming “racial reckoning” when America will own up to its racial sins and be purified. And of course they “ban the heretic” wherever possible.

As daar twyfel is dat die aanhangers van hierdie ideologie optree en praat met die sekerheid en gevoel van morele meerderwaardigheid wat herinner aan fundamentalistiese godsdienstige dissipels, oorweeg die volgende gevalle: “Why America Needs College Football — Part 2”, “Good-bye, Theresa. Hello, Boris?” (gaan af na die sub-opskrif, “New York City’s Illiberal Education Department”), en “Evergreen State and the Battle for Modernity Part 2: True Believers, Fence Sitters, and Group Conformity”. En ’n paar grepe videomateriaal: “Yale University Students Protest Halloween Costume Email” en “Campus Argument Goes Viral As Evergreen State Is Caught In Racial Turmoil”.

Watter langtermyn effek sal hierdie ideologie hê op die Amerikaanse samelewing? Sal sy fondamente uitgehol word? Sal konflik en verskille van opinie te veel raak, en die unie wat al staan sedert die einde van die Amerikaanse Burgeroorlog in 1865 inmekaar tuimel? Dien Kritiese Rasseteorie die doelwitte van die WEF/Open Society? Sal ’n opstand teen die nuwe religie die imperialistiese doelwitte van die Amerikaanse politieke establishment bevoordeel?

______________________

Is dit moontlik vir ’n fundamenteel slegte idee om breë ondersteuning te ontvang?

DINSDAG 5 OKTOBER 2021

Ek sien ’n satiriese grappie op Twitter in die vorm van ’n opskrif: “Parents who think that their children don’t belong to the State are dangerous, explained.”

Natuurlik sal meeste mense nie hierdie idee aanvaar nie (reg?), en die opskrif self is van ’n nie-bestaande webwerf met opgemaakte satiriese opskrifte. Tog, as so ’n artikel op hoofstroom media soos CNN of BBC sou verskyn, wed ek jou ten minste 20% van lesers sal die idee ondersteun.

Stel jouself voor die redakteur van die aanlyn media wat so ’n artikel publiseer. Die persoon glo werklik in die konsep dat kinders aan die staat behoort. Die persoon is daartoe verbind om hierdie idee te bevorder.

Verbeel jou nou hierdie redakteur is nie alleen nie. Honderde ander redakteurs, joernaliste, verslaggewers en aanbieders by hoë-profiel media stem saam met hierdie persoon.

Stel jou nou voor dat duisende akademici ook die idee ondersteun. So ook TV- en filmsterre, en ander bekendes – sodra dit oortuigend genoeg geraam is as “progressief”.

Ouers wat glo dat hulle die reg het om hul kinders op te voed en groot te maak soos hulle goeddink, en dat húl regte seëvier oor enige aanspraak wat die staat het oor hulle nageslag, word in honderde TV-programme, geselsprogramme, akademiese joernale, en koerant- en tydskrifartikels beskryf as “tradisioneel”, “ondraaglik konserwatief”, “radikaal” en selfs “fundamentalisties”. Omdat die idee dat kinders aan die staat behoort as koel en progressief voorgehou word, steun tieners toenemend die idee, en beïnvloed op tydlose wyse hulle jonger broers en susters om dieselfde te doen.

En tog, is die idee goed? (Onthou: die idee dat die staat jou kinders opeis, is net ’n nuttige voorbeeld.)

Is dit moontlik vir ’n fundamenteel slegte idee om breë ondersteuning te ontvang onder diegene met die kragtigste stemme, wat toegang het tot miljoene mense se koppe deur sosiale media en opvoedkundige ruimtes? En hoeveel miljoene kykers en lesers sal so ’n idee ondersteun bloot omdat dit op gunstige wyse aangebied word?

______________________

Media en ander stemme beïnvloed die publiek

______________________

Selfs die wreedste gedrag en die mees sinnelose beleid kan regverdig word

DINSDAG 21 SEPTEMBER 2021

15:00

Iemand sit ’n bord met wat veronderstel is om iets eetbaar te wees voor jou neer.

Jy kyk na die bord, en probeer uitwerk wat dit is.

“Hierdie is nie ’n piesang nie,” verklaar jy dan. “Dis nie ’n stuk vleis nie. En dis definitief nie ’n aartappel nie. Ek weet nie wat dit is nie, maar as mense beweer dis ’n piesang, ’n stuk vleis, of ’n aartappel, is hulle beslis besig om jou ’n rat voor die oë te draai.”

[kliek hier om die twiet te sien indien dit nie laai nie]

Is al hierdie mandate en regulasies deel van ’n bose komplot om gewone mense te reguleer met ’n al swaarder-drukkende yster-duim? Ek weet nie. Maar dit raak toenemend duidelik dat dit nie gaan oor Covid-19, of mense se gesondheid nie.

15:12

Die Nazi’s het dit in akademiese werke op universiteit, preke in die kerk, lesse op skool, en in toesprake regverdig en duidelik uiteengesit hoekom Jode van hulle Duitse burgerskap ontneem moet word, en hoekom die regering uiteindelik … ’n plan moet maak met hulle.

Die Sowjet-regering het vir dekades regverdig hoekom andersdenkendes in die tronk gegooi moes word, weggestuur moes word in ballingskap, of tereggestel moes word as vyande van die staat.

In Suid-Afrika het wit regerings vir dekades die publiek oortuig dat Apartheid die enigste oplossing is vir Suid-Afrika se rasse-aangeleenthede. Dominees het dit aan gemeentes regverdig uit die Bybel uit, en onderwysers het dit verduidelik aan skoliere.

In Mao Zedong se China in die sestigs en vroeë sewentigs kon tieners met rooi boekies in hulle hande regverdig hoekom onderwysers verneder moes word, en hoekom dit absoluut noodsaaklik was om mense se deure af te skop in die middel van die nag om te soek vir Westerse musiekinstrumente en boeke wat die rewolusie kon ondermyn.

Feit is, enige iets kan regverdig word. Woorde is uiters bruikbare middels om net mooi enige iets te spin dat verkeerd reg lyk, en reg verkeerd.

Wees bewus van wat jy sê. Verwoord, as ’n saak van beginsel, die ander kant se argument op ’n manier dat daai persoon moet erken jy verstaan dit reg.

Kan dit nie doen nie, of doen dit nie omdat een of ander krisis dit tans nie toelaat nie? Dan’t ek slegte nuus vir jou: Jou opponent dink ook verskonings uit hoekom jóú argument dit nie werd is om behoorlik oorweeg te word nie.

Vind jy verder dat jy toenemend dink aan jou ideologiese opponent as ’n karikatuur, nie iemand met ’n komplekse persoonlikheid en drome en vrese net soos jy nie? Raai wat? Aan die ander kant van die skeidslyn is daar mense wat ’n soortgelyke karikatuur maak van jou.

______________________

Kortliks, die Individu, die Gemeenskap, en die Staat

MAANDAG 30 AUGUSTUS 2021

’n Persoonlike manifes oor politieke oortuigings moet begin met jou beskouing oor drie konsepte:

1. Die Individu

2. Die Gemeenskap

3. Die Staat

As ek uit die vuis moet sê, is die Staat ’n georganiseerde poging van volwassenes binne ’n geografiese area met historiese en ander bande om gemeenskaplike belange te bestuur. Hierdie belange sluit in infrastruktuur, opvoeding, internasionale betrekkings, militêre verdediging, en die opstel en handhawing van wette wat die waardes van die gemeenskap verteenwoordig.

Gemeenskap kan wees jou woonbuurt, maar ook mense wat ’n bepaalde taal, etnisiteit of godsdienstige oortuigings deel.

En die Individu is ’n enkele kind of volwasse persoon.

Jou persoonlike politieke manifes sal aandag moet gee aan die verhoudings tussen Individue, tussen die Individu en die Gemeenskap, en die verhouding tussen die Individu en die Staat, en betrekkinge tussen onderskeie Gemeenskappe en die Staat. Dit sal ook uiteensit die regte van die Individu en die pligte van die Individu (indien enige) teenoor die Gemeenskap en die Staat, en die pligte van die Staat teenoor Individue en Gemeenskappe.

______________________

Twee moontlikhede en ’n paar vrae oor verantwoordelikheid aanvaar

SONDAG 14 MAART 2021

Moontlikheid een:

Ons is tot ’n groot mate verantwoordelik vir hoe ons die lewe ervaar. Ons kies nie gewoonlik wát met ons gebeur nie, maar ons hét tot ’n betekenisvolle graad beheer oor hoe ons reageer op wat gebeur, en derhalwe het ons tot ’n mate beheer oor watse impak dit het op ons lewe.

Dit sal beteken dat mense wat aan die verkeerde kant van regeringsbeleid was, soos tydens die apartheidsjare in Suid-Afrika, of soortgelyke periodes in Amerika, ook tot ’n betekenisvolle graad beheer gehad het oor húlle reaksies. Ander mense was verantwoordelik vir die onetiese en soms wrede beleid, maar die mense aan die verkeerde kant daarvan het beheer gehad oor hoe hulle daarop reageer het, en hierdie reaksie – van aanvaarding tot gewapende teenstand – het op sy beurt hulle ervaring van die werklikheid beïnvloed.

Moontlikheid twee:

Ons het nié tot enige betekenisvolle graad beheer oor hoe ons die lewe ervaar nie. Ons het nie beheer oor wat met ons gebeur nie, en ons reaksies het weinig impak. Plus, ons reaksies en ons houdings jeens wat met ons gebeur, word in elk geval tot ’n groot mate dikteer deur ons kultuur en hoe ons geprogrammeer is van kleins af. Dit beteken mense aan die ontvangkant van onetiese beleid en wrede regerings en ander instansies wat mag oor hulle uitoefen, is slagoffers wat maar net moet vat wat na hulle kant toe kom. Dis hoe die lewe is. Soms is jy bo, en soms is jy onder, en dan gaan jy dood.

Die vrae:

Watter een van die twee uitkyke op die lewe sou ideoloë van Apartheid Suid-Afrika verkies het swart- en bruinmense aanvaar in die dekades tot en met die 1990’s? Jy het die mag om iets te doen aan jou situasie, of aanvaar jou lot?

Watter een van die twee uitkyke sou ideoloë van die weerstandsbewegings tydens die apartheidsjare, mense soos Nelson Mandela en Steve Biko, verkies het swart- en bruinmense aanvaar? Wat van burgerregteleiers in Amerika in die negentiende en twintigste eeue – mense soos Frederick Douglass, Marcus Garvey, W.E.B. du Bois, Malcolm X, en Martin Luther King? Het hulle gereken mense het die vermoë om hulle ervaring van die werklikheid te verbeter, of het hulle geglo mense moes eenvoudig hulle lot aanvaar?

* * *

Vir die rekord, die persoon wat ’n wandaad pleeg, of ’n onregverdige politieke of maatskaplike bestel ontwerp of uitvoer, doen so uit vrye wil. Hy hoef dit nie te doen nie. Hy kies om dit te doen, en is derhalwe moreel en wettig verantwoordelik vir sy aksies.

* * *

’n Fundamentele aspek van hierdie hele bespreking is verwoord deur Scott Adams ’n paar jaar gelede nadat Kanye West opslae gemaak het met sy opmerkings oor slawerny. In repliek op iemand anders wat gesê het Kanye West is skuldig aan “disgusting victim blaming”, het Adams gesê: “I believe the proposition on the table is that giving yourself a victim identity is less productive than looking forward.”

* * *

Steve Biko, Malcolm X en selfs W.E.B. du Bois was nie juis nierassige integrasioniste nie. ’n Mens kan selfs argumenteer dat veral Steve Biko en Malcolm X (ten minste vroeër in sy loopbaan) Black Supremacists was. Wat ek sê oor slagoffermentaliteit, historiese onderdrukking, aanvaar verantwoordelikheid selfs vir jou eie lyding as ’n manier om jouself te bemagtig word glad nie geaffekteer daardeur nie. As jy reken nierassige integrasie is meer ideaal, sal jy dalk ’n probleem hê met Biko of X. Maar ten minste het hulle positief gekyk na die toekoms, dan nie? Positief gekyk na ’n toekoms waar swart- en bruinmense beter doen omdat hulle aktief ’n beter toekoms vir hulleself sal bewerkstellig, wat insluit om wit mense met politieke en burokratiese mag te oortuig dat ’n meer regverdige bestel beter is vir almal.

Aanhalings van Steve Biko (1946-1977)

“Obviously the only path open for us now is to redefine the message in the bible and to make it relevant to the struggling masses. The bible must not be seen to preach that all authority is divinely instituted. It must rather preach that it is a sin to allow oneself to be oppressed.”

“So as a prelude whites must be made to realise that they are only human, not superior. Same with Blacks. They must be made to realise that they are also human, not inferior.”

“The most potent weapon in the hands of the oppressor is the mind of the oppressed.”

“It becomes more necessary to see the truth as it is if you realise that the only vehicle for change are these people who have lost their personality. The first step therefore is to make the black man come to himself; to pump back life into his empty shell; to infuse him with pride and dignity, to remind him of his complicity in the crime of allowing himself to be misused and therefore letting evil reign supreme in the country of his birth.”

Aanhalings van Malcom X (1925-1965)

“Nobody can give you freedom. Nobody can give you equality or justice or anything. If you’re a man, you take it.”

“Any time you beg another man to set you free, you will never be free. Freedom is something that you have to do for yourselves.”

“No, we are not anti-white. But we don’t have time for the white man. The white man is on top already, the white man is the boss already … He has first-class citizenship already. So you are wasting your time talking to the white man. We are working on our own people.”

Aanhalings van Marcus Garvey (1887-1940)

“Ambition is the desire to go forward and improve one’s condition. It is a burning flame that lights up the life of the individual and makes him see himself in another state. To be ambitious is to be great in mind and soul. To want that which is worthwhile and strive for it. To go on without looking back, reaching to that which gives satisfaction.”

“The man who is not able to develop and use his mind is bound to be the slave of the other man who uses his mind.”

“The white man has succeeded in subduing the world by forcing everybody to think his way. The white man’s propaganda has made him the master of the world, and all those who have come in contact with it and accepted it have become his slaves.”

“Liberate the minds of men and ultimately you will liberate the bodies of men.”

“Before we can properly help the people, we have to destroy the old education … that teaches them that somebody is keeping them back and that God has forgotten them and that they can’t rise because of their color … we can only build … with faith in ourselves and with self-reliance, believing in our own possibilities, that we can rise to the highest in God’s creation.”

Aanhalings van Frederick Douglass (1818-1895)

“We have to do with the past only as we can make it useful to the present and the future.”

“No man can put a chain about the ankle of his fellow man without at last finding the other end fastened about his own neck.”

“I prayed for twenty years but received no answer until I prayed with my legs.”

______________________