Sê dit beter – letters U-Z

Hierdie blad bevat woorde wat begin met “U” tot en met woorde wat begin met “Z”. Dit kom uit ’n projek getiteld, Sê dit beter, volume 1.


uitdos – optooi, opsier

uitkalwe – stukkend spoel, wegspoel, wegvreet

verdigting – samedrukking, samepersing, kompressie

vergetelheid – dit wat in die verre verlede lê

vergryp – oortreding, verbode handeling, misdaad; om iets in oormaat te doen (soos te veel eet)

verhelder – lig gee; iets verduidelik of duidelik maak

verknog – geheg, aanhanklik, getrou, liefderyk

verkwisting – verspilling, vermorsing, oordaad

vermoeiend – uitputtend, afmattend, inspannend, moeisaam

vername – vooraanstaande, belangrike, noemenswaardige

veroorloof – toelaat, verleen, vergun, toestaan

verruklik – pragtig, betowerend, buitengewoon

versugting – wens, begeerte, passie, smeekbede

vervloë – verbygegane

vindingrykheid – slimheid, skranderheid, genialiteit, geslepenheid

vooruitloop – antisipeer, voorafgaan

wegskram – terugstuit, afkeer, afkets, wegdruk, wegslaan

wekroep – stem wat jou aanspoor, wat jou roep tot daadwerklike aksie

wesenstrek – kern-eienskap, inherent deel van iets

wispelturig – huiwerig, besluiteloos, weifelagtig, onstandvastig, weerbarstig, ligsinnig

wydlopend – sluit wye verskeidenheid (aspekte, redes, motiverings, gevolge, ens.) in


A – G »» H – L »» M – P »» R – T »» U – Z

______________________