Klassieke musiek teenoor Swaar Metaal

VRYDAG 6 NOVEMBER 2026

Ek praat vanoggend met ’n student oor Klassieke musiek, en oor Heavy Metal, en hoekom ek laasgenoemde verkies.

Klassieke musiek sê: Dis sleg wat gebeur het met jou. Hier’s ’n hartseer melodie om jou te herinner daaraan.

Heavy Metal sê: Wat gebeur het met jou, is sleg. Maar jy hoef nie ’n slagoffer te wees nie. Hier’s donderende kitare en dreunende dromme om jou te herinner daaraan.

______________________