Hierdie blad bevat woorde wat begin met “R” tot en met woorde wat begin met “T”. Dit kom uit ’n projek getiteld, Sê dit beter, volume 1.
rampokker – gewapende rower, skurk
refrein – ’n woord, uitdrukking, of reël (of ’n paar reëls) wat in ’n stuk skryfwerk (of lied) herhaal word
selfbedrog – selfbegogeling, selfverblinding, wensdenkery, om jouself te mislei
skalks – guitig, ondeund, onnutsig, vrolik tergend
skrander – skerpsinnig, knap, vindingryk, intelligent, vernuftig, begaafd
sodanig – sulke, soortgelyk, van hierdie aard, op so ’n wyse, dergelike
soepel – buigsaam, slap
soliditeit – stewigheid, fermheid
stellig – seker, waarskynlik, gewis
stilswye – stilte, wanneer geswyg word
taan – verdof, demp
teenwig – gewig wat ewewig verseker (of teen ’n ander gewig die ewewig herstel)
tersaaklik – relevant, toepaslik, ter sake
tirade – woordevloed waarin iets of iemand aangeval of gekritiseer word
tonteldoos – aansteker, vuurslag (saam met ’n vuurklip)
tussenwêreld – werklikheid of toestand tussen twee verskillende werklikhede of toestande
A – G »» H – L »» M – P »» R – T »» U – Z
______________________