Weereens: Vra Die Regte Vrae
Met enige iets waar ‘n ander individu of besigheid vir jou geld moet gee, is die vraag, “HOE KAN EK GELD MAAK?” verkeerd. Laasgenoemde is EK-gesentreerd, and let’s face it, EK/JY is dalk broke. EK is nie die een wat vir my geld gaan gee nie. So hoe kan ‘n mens verwag dat jy geld gaan MAAK met iets wat fokus op een wat geld NODIG het?
Die vraag moet eerder wees “WATSE WAARDE KAN EK GEE AAN HIERDIE MENS SE LEWE? HOE KAN EK BYDRA TOT ‘N VERHOGING IN KWALITEIT IN HIERDIE MENS SE LEWE?” Soms is dit ook relevant tot werk wat ‘n mens vir ‘n besigheid kan doen op ‘n freelance basis: HOE KAN EK MEER WAARDE VERLEEN AAN WAT HIERDIE MENSE PROBEER DOEN? And let’s face it, daar’s amper altyd iets.
Probeer dink aan hoe jy “geld kan maak”, en jy brand maklik vas (of jy kom vorendag met idees wat goed klink, maar met hoeveel kry jy die fundamentals reg?). Probeer dink aan hoe jy mense kan help, hoe jy meer waarde aan iemand se lewe kan gee, en jy kan probably dink aan dosyne dinge – soveel te meer as jy werklik glo aan die konsep; soveel te meer as die sukses in hierdie verband baie waarde sal verleen aan jou eie lewe.
Wie maak aan die einde geld met Internet Marketing? Dis die mense met ‘n goeie reputasie. Dis die mense wie se pogings meer waarde gee aan ander mense lewens – ongeag of hulle self so daaraan gedink het, of nie.
Ek het voorheen aan iets soortgelyks gedink, en dan, as ek weer sien, vra ek: wat kan ek verkoop? hoe kan ek geld maak met hierdie projek?
“WAT KOOP MENSE (WERKLIK)?” is alreeds ‘n groot verbetering, want jy fokus op die persoon met die geld. Maar selfs dit, is te veel gesentreerd op die geld-aspek, die geld wat JY gaan maak. Jy moet dink aan WAARDE, in die eerste plek. Selfs vir die mense uit wie jy nooit ‘n sent gaan kry nie. Want as jy niks anders uit die projek gaan kry nie, het jy ten minste geglo aan wat jy doen, ter wille van meer mense as net jyself.
