WEER ‘n BEGIN
Uit die bundel Koors:
nuwe mens (i)
‘n donker beeld weerkaats
‘n stilportret teen bleekwit mure
in hierdie doofstom ure word hy,
‘n nuwe mens, opnuut gebore
***
dagbreek
my slaap is deurmekaar/vol melodieë
my wakker kom/deur donker lae…
DAN!
met die donderklap van deure, sien ek lig:
sit ek penorent op my matras
vleis en been, ‘n stukkie siel
‘n bietjie ongesonde intellek
en ‘n polsend nuwe ritme…
waar eens net stilte was
***
en uit die Ligbruin Notaboek:
And when the morning comes
you walk away as someone else
Everything gets called by their one true name
so you can start to purge what you can’t renounce.
***
Herhaaldelike ondersoek die afgelope tyd het dit duidelik gemaak dat ek totaal clueless is. My advies is dat ek bly net waar ek is… tot ek meer weet, of beter verstaan. (13 Januarie 2001)
