Wanneer optimisme ’n slegte ding is

[Hierdie teks is oorspronklik geskryf as ’n “pre-race trading” nota. Ten spyte van my oortuiging dat ek niks uit die gebeurtenis gaan kry, of verdien om daaruit te kry nie, kon ek nie myself help om ’n insig daaruit te trek nie.

Kortliks: “Pre-race trading” gaan oor die soms vinnige koop-en-verkoop van weddenskappe in die vyf tot tien minute voor meestal Britse perdewedrenne. Sommige mense maak honderde ponde elke dag deur met duisende ponde te “trade”. My hoop op hierdie stadium was om ’n paar dollar te maak elke aand, wat neergekom het op soms net ’n paar sent per “trade”.

Ek gebruik terme wat niks sal beteken vir meeste mense nie, maar “wins” en “verlies” en “doen nie wat jy moet doen nie” – soos om uit die mark te wees voor die resies begin – is eintlik die enigste idees wat saak maak.

Die optimisme tema kom in waar die “pre-race trader” soms glo dit sal oukei wees om eers “trades” af te handel nadat die resies begin het – wanneer pryse wild begin rondspring en soms in jou guns eindig, en jou soms veel meer kos as wat jy gehoop het jy sal betaal.]

WOENSDAG 22 APRIL 2015

Die ergste van die $20.99 loss omdat ek nie wou hedge vir ’n 3-tick loss pre-race nie, is dat ek niks leer daaruit wat ek nie reeds geweet het nie. Ek het die afgelope paar weke nader en nader gekruip aan hierdie presiese event. Ek het nie meer ge-exit dertig sekondes voor die tyd nie. Ek was onwillig om te exit vir ’n loss as ek nie kon verstaan hoekom die prys inkom nie. Dit was onvermydelik. Ek was net gelukkig dat dit nie al verlede week, of die week voor dit gebeur het nie. Ek behoort alles te staak. Einde van die pad. […]. Delete alles. Uninstall die software. Vat ’n paar weke om uit te werk wat jy in die plek daarvan gaan doen. En wat dit die hardste maak, is dat dit oor die algemeen goed gaan. $20.99 loss is 175 keer my gemiddelde profyt.

(Ek het ge-lay op 6.8 op ’n tight range bietjie meer as twee minute voor die race moes begin. Toe dip die prys een tick, twee ticks … kom terug. $118 voor ek scratch, dip weer, twee ticks, drie ticks … “Wag vir in-play” … Suspend. Nagmerrie: Binne drie sekondes is die prys 4.8 … 4.5 … 4.2 … 3.8 … Daar is opposisie, maar die prys kom steeds in! $10.00 loss … $13.00 loss … agh! … Dis net een myl! Die prys kom steeds in! Hy’t nou net 2.0 ge-cross! Maksimum liability is $29.00! Agh! Hedge! Hedge! Hedge! Uit op 1.74, en dit net omdat hy op die laaste oomblik ge-beat is, anders was my loss amper $30.00.)

DONDERDAG 23 APRIL 2015

Wat sê ’n mens as jy vir die sewentiende keer jou vingers sleg verbrand het omdat jy gedink het dit sal oukei wees om ’n warm pot van die stoof af te haal met jou kaal hande? En jy weet jy was nie in gedagte nie. Jy weet jy was nie haastig nie. Jy het, ten spyte daarvan dat jy al hoeveel keer in soortgelyke situasies was en gesien het hoe lelik sulke brandwonde kan wees, hoe pynvol dit kan wees, besluit om die kans te waag. Wat sê ’n mens?

* * *

Misplaaste optimisme.

Optimisme is gewoonlik ’n goeie ding, maar spekulatiewe transaksies op enige mark is een voorbeeld van vele waar optimisme geen plek het nie.

Meer as dit, optimisme in sommige situasies kan dodelik wees.

’n Kar rol vorentoe, op pad na ’n 200-meter diep afgrond. “Ek is seker daarvan die kar sal stop voor die afgrond” is ’n voorbeeld van misplaaste optimisme – optimisme wat jou jou lewe kan kos.

Iemand gryp jou in ’n parkeerterrein, gooi ’n sak oor jou kop en druk jou in ’n kar in. “Dit sal oukei wees sodra ons êrens aankom,” skop jou optimisme in. Wanneer jy ’n uur later vasgebind sit op ’n stoel in ’n donker vertrek en jy word stadig doodgemartel, weet jy – jy moes soos ’n besete kat gekrap en gebyt en geskop het om uit daai kar te kom. Jou optimisme was misplaas. Jou optimisme gaan jou jou lewe kos.

Feit: daar is situasies waar daar geen plek is vir optimisme nie.

Enige aktiwiteit op enige tipe mark is ’n situasie waar optimisme geen plek het nie. Voor jy jou rekenaar aanskakel en jou eerste transaksie waag, is dit van allergrootste belang om jou oranje “Optimisme regeer!” hoedjie van jou kop af te haal en te vervang met jou swart “Pessimism’s where it’s at!” of “I’m a miserable pessimist” of “Pessimists make it to another day” hoedjie.

Onthou: Optimisme wanneer jy handeldryf kan jou 175 keer jou gemiddelde profyt kos in een transaksie.

______________________