Waardig om te bestaan – teleologie – redelike filosofie

DONDERDAG 12 MEI 2005

Ek wil ’n opinie waag: Ek het die afgelope … sê, twintig jaar of so in die gewoonte verval om te glo ek moet die heeltyd bewys dat ek, Brand Smit, waardig is om te bestaan, dat my geboorte nie ’n swak oordeelsfout was nie, dat ek moet bewys – voortdurend – dat ek inderdaad die bloed in my are waardig is. Wat ook al die rede hiervoor, dit gaan my dryf tot in ’n vroeë graf.

VRYDAG 13 MEI 2005

Born from incredible self-loathing, a conviction that you should prove the validity of your life.

SATERDAG 14 MEI 2005

10:06

Indien ’n volwassene (ouer, of onderwyser) nie streng is met ’n kind nie, gaan sy of haar aanmoediging en lof geen geloofwaardigheid hê nie.

* * *

Ek moet laat gaan. Ek moet aanvaar dat my lewe een of ander tyd gaan eindig, dat die wêreld sal voortgaan sonder my, amper … amper asof ek nooit hier was nie.

Sien die ware verhouding tussen dinge, en jou eie plek in die Groter Werklikheid.

Ek moet insien dat my lewe nie naastenby so waardevol is as wat ek graag reken nie. (Kan ’n suicide-of-sorts ingewerk word in hierdie begrip?)

10:51

’n Geval dus van erken dat jou grootste vrees tot ’n groot mate waar is? Daar’s ’n aangename element aan hierdie tipe aanvaarding …

SONDAG 15 MEI 2005

11:05

Al die begrip wat ek op hierdie oomblik bymekaar kan skraap oor die mens en sy bestaan, is die eindresultaat van waarneming en dataverwerking – ongeveer drie dekades daarvan, of meer as dit van dag een af getel word.

So dink ek toe vanoggend by die teestalletjie: Oorweeg die resultaat van 15,000-plus jaar se waarneming en die verwerking van biljoene mense se data. Sou dit God kon wees? Sou ons werklik so ’n “god” kon begryp? Sou ons so ’n bestaan in ons beperkte woordeskat kon beskryf?

20:18

“Aristotle came more and more to think of the universe as a vast complex of organisms each striving to attain the end assigned by Nature to it. […] The Aristotelian system is often described as ‘teleological’.” ~ Uit die inleiding tot Aristotles se Ethics

17/06/15:

“A teleology is an account of a given thing’s purpose. For example, a teleological explanation of why forks have prongs is that this design helps humans eat certain foods; stabbing food to help humans eat is what forks are for.

A purpose that is imposed by a human use, such as that of a fork, is called extrinsic. Natural teleology contends that natural entities have intrinsic purposes, irrespective of human use or opinion. For instance, Aristotle claimed that an acorn’s intrinsic telos is to become a fully grown oak tree.

Though ancient atomists rejected the notion of natural teleology, teleological accounts of non-personal or non-human nature were explored and often endorsed in ancient and medieval philosophies, but fell into disfavor during the modern era (1600-1900).

In the late 18th century, Immanuel Kant used the concept of telos as a regulative principle in his Critique of Judgment. Teleology was also fundamental to the speculative philosophy of Georg Wilhelm Friedrich Hegel.

Contemporary philosophers and scientists are still actively discussing whether teleological talk is useful or accurate in doing modern philosophy and science. For instance, in 2012, Thomas Nagel proposed a neo-Darwinian account of evolution that incorporates impersonal, natural teleological laws to explain the existence of life, consciousness, rationality, and objective value.”

Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Teleology

MAANDAG 16 MEI 2005

13:51

Die Griekse filosowe, of dan spesifiek Aristoteles, het nie vanuit die staanspoor op gesag aanspraak gemaak op teologiese gronde, wat hulle veronderstel het almal, of dan die meerderheid, aanvaar nie. Hulle fondasie was een van rede, van ’n groep mense wat om ’n spreekwoordelike tafel sit en sê, “Laat ons ooreenkom dat ons intelligente wesens is, dat ons bewus is van ons bestaan, en dat ons in staat is tot goeie aksies, en ook in staat is tot die teenoorgestelde van goeie aksies. Laat ons voortgaan om te definieer wat ‘goed’ beteken, in die praktyk, en wat ‘sleg’ beteken, hoe ons eersgenoemde kan nastreef, en ook die redes hoekom dit beter is.”

In hierdie opsig is my eie beskeie pogings van die afgelope paar jaar nader aan die Griekse filosowe van meer as 23 eeue gelede, as aan moderne predikers en teoloë.

18:24

Is ek net nog ’n toevallige samesmelting van sperm- en eiersel wat sover 33 jaar en ’n paar maande oorleef het, en daagliks, saam met biljoene ander op die planeet, of miljoene ander op hierdie eiland, of duisende ander in hierdie stad, ’n stryd voer om kos, skuiling, ’n bietjie gemak en vermaak elke dan en wan – in kort, wat stry vir my plekkie in die son, OF … kan ek ’n bydrae maak tot ander mense se lewens, wat die waarde van my eie lewe sal transendeer verby hierdie tyd en hierdie plek?

[31/12/2015: Die antwoord op die eerste deel van die vraag is, ja. Die antwoord op die tweede deel: dit sal goed wees indien jy kan.]

* * *

“[William of Normandy’s] aim was simply to overcome insecurity and construct a strong basis of power and wealth; to achieve this end he pragmatically used any form or institution which he encountered and which he felt capable of molding to his will.”

Ook: “… exploitation of the lower orders by their predatory lords was the general rule.”

Bron: “William – From Bastard To Conqueror”, by Brent A. Riley and Joe Bageant, Military History, April 2002, Vol. 19 Issue 1

______________________