Vrouens, En Die Ou Man In Die Kop

Deur 20 - 07 - 2001

[Familie en vriende is soms besorgd oor 'n mens se liefdeslewe, veral as hulle 'n sterk vermoede het dat jy nooit die gemak van jou privaat herberg verlaat vir die onsekerheid van romantiese afsprake met vreemde vrouens nie. Hierdie e-pos is onder andere 'n poging ter verduideliking van die romantiese moontlikhede waarmee ek gekonfronteer was in hierdie tyd.]

———————

“Dit is wel so dat ek omring is deur mooi vrouens, maar soos ek voorheen al verduidelik het, is die vrouens wat in my belangstel dié wat met my wil trou – volgende week. Ek het wel ‘n goeie verhouding met my Chinese tutor. Sy’s 21, en te oordeel aan die merke aan haar nek het sy elke dan en wan ‘n kuiertjie met ‘n plaaslike ou. Ek geniet nietemin ons pogings om ‘n gesprek te voer.

Ek het hierdie week vir haar probeer verduidelik dat hoewel ek nie ‘n ou man is nie, dit soms voel asof ‘n ou man homself in my kop tuisgemaak het, soos – en hier moes ek my hande gebruik – in die movie Men In Black, waar die klein alien in die man se kop op ‘n troon sit. Sy vind my gewoonlik baie entertaining, en ek vind die manier hoe haar lang swart hare haar gesig raam baie aanloklik.

Ander girls? Meeste Westerse vrouens hier is kortsigtige idiote soos dié waarmee ek nooit oor die weg kon kom by die huis nie. Daar is wel ‘n paar outsider-figure wie se geselskap ek van tyd tot tyd geniet.

Wat ‘n lieflike land. Eintlik is dinge maar soos dit altyd was; ek het net slimmer geword, so ek verstaan die wêreld ‘n bietjie beter.

[...]”

~ Uit ‘n e-pos aan A. (20 Julie 2001)

Hierdie inskrywing dateer: 20 - 07 - 2001 om 13:36 en sorteer onder Boek Een. [...]

Gesluit vir kommentaar.