vrou (ii)

Deur 12 - 08 - 2009

twee figure langs mekaar
rustend, tussen lakens en ‘n veerkombers
ambulans-sirenes en ‘n hond wat blaf
motorkar-alarms gons eentonig aan-en-af

staan halwe koppies koue tee
vergete langs haar bed
sy word wakker, vind ‘n sigaret
kyk sonder gedagtes tot diep in die skemer

oor die donker geboue skitter ‘n enkele ster
en op die hoek flikker in neon, “Deurnagkafee”
dan sien sy die halwe koppies tee
en ‘n glimlag skemer deur

___________

Hierdie inskrywing dateer: 12 - 08 - 2009 om 03:30 en sorteer onder Koors. [...]

Gesluit vir kommentaar.