VOORWOORDE
“Like all people at all times, [we are] confronted each day by the present, which always arrives in a promiscuous rush, with the significant, the trivial, the profound, and the fatuous all tangled together.”
~ William Manchester, A World Lit Only By Fire
Vergrootglas-Tye
“Jy weet hoe verdwyn mense vir ‘n tyd lank die wildernis in, en as hulle uitkom is so ‘n persoon ‘n ander mens. En jy weet dan die ou het deur intense introspeksie gegaan.
Die afgelope paar weke was my ‘wildernis’. Hierdie tyd sal onthou word as een van daai vergrootglas-tye in my lewe – wanneer alles wat jy ervaar groter en belangriker voel, alles wat jy dink belangriker en meer profound vir jou klink, alles wat jy besluit soos die belangrikste besluite in jou lewe voel. Dis ‘n tyd wanneer jy voel asof God self met jou praat… ek kan voortgaan maar ek dink jy kry die punt.
Dinge wat ek twee weke gelede ‘besluit’ het, klink nou soos die ramblings van ‘n kind, of iemand se laaste onsamehangende woorde voor die koors breek en ‘n kalmte oor hom spoel. Alles wat voorheen was, het nou gekristaliseer rondom een ambisie [...]”
~ Uit ‘n e-pos aan “M” (27 Maart 1998)
[Hierdie e-pos dateer uit my 21e maand in Suid-Korea, kort nadat ek besluite gemaak het wat my terug sou sien in Suid-Afrika ses weke later. En 'n vergrootglas-tyd was ook die eerste twee weke van Maart 2003 toe ek op die idee gekom het van hierdie literêre projek.
Die gedagte aan verdwyning, net om later soos 'n nuwe mens op 'n ou toneel te verskyn, sou ook nog lank aan die binnekant van my skedel kleef.]
***
Tydlyn
29 Junie 1971: gebore in die Marie Font hospitaal in Joubertstraat, Pretoria
1972: gesin verhuis na Rietkuil (in die huidige Mpmumalanga)
