Voorbeelde van tennisspelers wat meer as ’n dekade lank beroeptennis gespeel het, en min of geen titels gewen het nie (maar steeds ’n goeie bestaan gemaak het): Stephane Robert se loopbaan as professionele tennisspeler het begin in 2001. Na 16 jaar is die hoogste plek op die ranglys wat hy sover gehaal het, nommer 50. Tot op hede het hy nog geen titels gewen nie. Totale prysgeld: $2,109,805. Guillermo Garcia Lopez speel al vir 15 jaar lank beroeptennis. Sy hoogste rang was 23. Hy het tot dusver vyf titels gewen. Totale prysgeld: $7,162,298. Konstantin Kravchuk speel al beroeptennis sedert 2004. Hoogste plek op die ranglys: 78. Titels: Geen. Totale prysgeld: $878,386. Victor Estrella Burgos speel al sedert 2002. Hoogste plek op die ranglys: 43. Titels: 3. Totale prysgeld: $1,772,334. Dan kom ’n mens by die toonbeeld van sukses: Roger Federer. Sy loopbaan as beroepspeler het begin in 1998. Die hoogste plek wat hy op die ranglys behaal het, was nommer een. Hy het tot dusver 91 titels gewen, insluitende 19 grand slams. Totale prysgeld: $103,990,195. ----------- Sien die stuk: Dalk eenvoudig nie goed genoeg nie, van Woensdag 1 Maart 2017 http://brandsmit.net/dalk-eenvoudig-nie-goed-genoeg-nie/