vlugteling
ek vlug weg van wat ander noem die lewe
my oortuigings bly ‘n potloodskets
my redes vaag en meestal ongeskrewe
tog bly ek hoop dat die gode my onskuld sal vergewe
want die dag, die uur, die maand, sal kom
dit weet ons van die eerste reël, die eerste strofe
wat ek terug sal wil kruip, dalk dié keer gereed
agter woorde wat rym, dog vermom
___________
