VIER KORTES UIT DIE BLOU NOTABOEK
3 November 2003
You must look beyond yourself for meaning and purpose in this life. If you don’t, then you are nothing more than a lump of flesh and bone, who occupies space for one reason only – your food and water intake for the past few days have been sufficient, and you haven’t been hit by a truck or a deadly virus.
4 November 2003
To question things is sometimes romanticized as the intellectual pastime of a defiant individual. What one is usually not told is that in a lot of cases this questioning of things cannot be neatly contained. It gets a life of its own, and you get pulled in directions you never intended to go.
Once this questioning business has taken told of you, you’re best advised to keep up, because in the end it is much easier to formulate questions than it is to find appropriate answers. And if you can’t keep up, if you can’t maintain a healthy ratio of answers to questions, things tend to start falling apart.
***
Een van my gunsteling metafore: ek sien myself as iemand wat ‘n groep rebelle bymekaar bring êrens in ‘n uitgestrekte woud (te veel invloed uit Russiese geskiedenis, miskien?). Hierdie rebellemag bestaan uit mans en vrouens lojaal aan ‘n spesifieke ideologie. Een van die hoofbeginsels van hierdie ideologie verklaar dat elke mens die reg het om vrye kreatiewe werk te onderneem onder sy of haar eie beheer.
Na maande – of ‘n paar jaar – se voorbereiding is ons op die vooraand daarvan om uit ons woudvesting te breek; om uiteindelik, na vele skermutselings, die bestaande regering omver te werp.
‘n Nuwe orde sal dan gevestig word wat dit moontlik sal maak vir alle burgers om vrye, kreatiewe werk onder hulle eie beheer te onderneem; en om, as een resultaat daarvan, meer produktiewe en betekenisvolle lewens te kan leef – of voort te gaan om so te doen, as dit reeds hulle realiteit is.
Donderdag, 13 November 2003
Ek begin vermoed dat ek te verwaand raak. Ek is verder bewus daarvan dat, as die resultaat van die afgelope paar jaar wat ek myself met ‘n verskeidenheid projekte moes kompenseer vir die afwesigheid van daaglikse en intieme geselskap, ek ‘n toenemend hoë dunk van myself gevorm het. Ek het derhalwe ook hoër standaarde van wat ek sal beskou as my gelyke in ‘n verhouding. Dit maak heel moontlik die waarskynlikheid nóg skraler dat ek iemand sal ontmoet van wie ek nie net sal hou nie, maar wie ek ook sal respekteer. Almal is miskien gelyk, maar ek reken dit nie te verregaande om te beweer dat ék ‘n bietjie meer gelyk is nie.
[Hierdie gedagte het my vermaak vir ‘n paar minute. Toe onthou ek dat voordat enige verstandige vrou my ernstig sal oorweeg as ‘n langtermyn teenwoordigheid in haar lewe, ek meer na die tafel toe moet kan bring as net gesonde selfrespek en ‘n paar dosyn notaboeke.]
___________
