TWEE OORBLYWENDE VRAE (VIR NOU)

Deur 25 - 09 - 2003

Ek het opgegee om vrae van ‘n godsdienstige aard te probeer oplos. Of miskien moet ek eerder sê dat ek ‘n dooiepunt bereik het op hierdie gebied. Godsdiens is ‘n samelewingsverskynsel, en het ‘n belangrike impak op die menslike psige; as sulks is dit ‘n onderwerp wat wetenskaplik ondersoek kan word. Nietemin, ek het besluit dat elke mens se opinie in hierdie verband te make het met geloof, en dat dit futiel is om daaroor te argumenteer.

In stede van godsdiens het ek meer begin fokus op sake van ‘n waarneembare aard, met myself as die hoof laboratoriumrot. Behoeftes, begeertes, instinkte, woorde, gedagtes, aksies… het sover genoeg vrae vorendag gebring om my besig te hou vir ‘n leeftyd.

Twee van hierdie vrae – of ten minste twee waarvan ek op hierdie oomblik bewus is – het steeds nie antwoorde waarmee ek tevrede is nie. Hierdie twee vrae handel oor die verhouding tussen identiteit en geld, en hoekom ons goed wil voel oor onsself.

Later meer hieroor, hopelik.

(25 September 2003)

___________

Hierdie inskrywing dateer: 25 - 09 - 2003 om 19:35 en sorteer onder Boek Twee. [...]

Gesluit vir kommentaar.