Terugkeer na die gesprek met die Mormoonse sendelinge (wat net gedeeltelik plaasgevind het – ook op die trein)

SONDAG 1 AUGUSTUS 2004

Ek: “You are reciting words you’ve been taught in order to confirm your identity – the way in which you are part of the Bigger Picture, and to give expression to your experience of this reality. Your expression of your particular experience of reality is neither creative nor original. Why should I listen to you?”

Mormoonse sendeling: “Because what I have to say may save your life.”

Ek: “You don’t know that. You choose to believe that for reasons I have already mentioned. But you don’t know if any of it will work out. You choose to believe that it will.”

* * *

Waar’s my argument verkeerd?

Ek sal wel dit sê, as die WERKLIKE, ABSOLUTE WAARHEID ooit geopenbaar word aan iemand in ’n woestyn of ’n grot of in een of ander wildernis, en die persoon gaan aan die preek, sal ek dieselfde argumente op hom afvuur … want ek sal veronderstel hy’t maar net by iemand anders die woorde gehoor wat hy nou aan die algemene publiek “resiteer”.

En dan moet ek seker, as ek redelik wil wees, erken dat die WERKLIKE, ABSOLUTE WAARHEID moontlik al wel geopenbaar is, en dat ek, as we speak, argumente soos bogenoemde lanseer op die preker-sendeling van hierdie Heilige Waarheid.

Maar dan, gestel die WERKLIKE WAARHEID is reeds geopenbaar, sou enige iemand dit werklik kon ignoreer? Sou dit obskuur wees? Sou gewone sterflinge soos die uwe links en regs argumente kon formuleer en dit aan die BOODSKAPPER VAN DIE WAARHEID kon afsmeer asof ek besig is om met my ouer suster te redeneer? Ek glo nie. (En as ek sou kon, watse tipe waarheid is dit dan?)

______________________