STRESVOLLE KORTES

Deur 24 - 10 - 2000

[Die volgende paar notas word ingesluit ter illustrasie van algemene lewensuitkyk tydens hierdie periode. Die eerste drie punte is aangeteken tussen periodes by die laerskool waar ek begin werk het in September.]

———————

1. Die moeilikste en mees stresvolle aspek van hierdie werk is nie Maandagmiddag in die klaskamer nie, maar Sondagaand wanneer jy alleen in jou woonstel sit, elf duisend kilometer van jou familie en die land van jou geboorte af. Dít is die moeilikste deel, en die eintlike rede hoekom ons soveel geld betaal word vir wat in werklikheid ‘n maklike werk is.

2. As ek my lewe hier makliker kan maak, en lekkerder, as ek my lewe kan vul met dinge en mense wat my motiveer en/of inspireer, dan sal ek daarin slaag om my taak as ‘n onderwyser makliker te maak. Dit sal die ellendigheid verminder waarmee ek gewoonlik moet deal as ek in ‘n klaskamer instap – wat op tye die skoolgeëry ondraaglik maak.

3. Ek sê dinge soos, “Is dit nie pragtig nie? Is dit nie ‘n uitstekende voorbeeld van hoe mooi die lewe is nie?” asof ek probeer om myself te oortuig om nie my polse te sny nie.

***

[Uit 'n droom:] “Stemme wat mor en praat, onderlangs, soos ses of twaalf mense fluister in die nag…”

***

“A lot of guys your age are doing better than you financially.”
“I’m doing better in the thinking department.”
“Thinking doesn’t put food on the table for your wife and kids.”
“I don’t have a wife and kids.”
“No wonder.”

***

“Ek gaan nou fokof! Julle is almal ‘n klomp ongelowiges!”

Hulle oë het hom gevolg tot hy by die deur uitgestap, en by die trappe af begin verdwyn het.

“Nog ‘n rondte?” het die ou agter die kroeg gevra. Almal het geknik, asof iemand hulle uit ‘n hipnose geklap het.

***

He was born with two rabbit’s feet dangling from his ears. In those days that was regarded as a lucky sign. (Gedagte waarmee ek wakker geword het op 24 Oktober.)

~ Uit die Calculation Sheet en die Ligbruin Notaboek, September/Oktober 2000

Hierdie inskrywing dateer: 24 - 10 - 2000 om 08:31 en sorteer onder Boek Een. [...]

Gesluit vir kommentaar.