stille nag

Deur 12 - 08 - 2009

die skemerblou gordyn val wulps
soos water val bedek dit skaars
die grou woestyn van nog ‘n nag
(hoor ek reeds die oggend lag?)

nagtegale sing sporadies voort
die nagtrein spot, ooreis die siel
speel spoor teen spoor steeds
in malle stryd af, een-teen-twee

die oggendster lê intussen jags en wag
om nog ‘n dag met ywer te bevrug
die nag-demone, spoke, woorde sonder drome
lê reeds in onveranderbare terme neergevel

dis drie-uur-vyfuur-twaalfuur
pleit die doodsuil op die dak
dan steeds in bygeloof bekoring?

maar ek bly prewel, skree half onbesonne
ek fluit besete, raas soos stormwind
ek vloek onwrikbaar steeds die donker in

want word hierdie nuwe dag
ten spyte van verwagtinge
dan nie te vroeg gebore?

___________

Hierdie inskrywing dateer: 12 - 08 - 2009 om 03:25 en sorteer onder Koors. [...]

Gesluit vir kommentaar.