soldaat
in die dooie grasveld lê ‘n soldaat
sy moraal is hoog, sy sake agtermekaar
sy kneukels wit om sy nuwe geweer
patrone wat blink in sy leer bandelier
sy voorraad patrone klap vroeg
teen klip, rots en kamoeflering
en die soldaat, met homself aan die praat, besef
sy berekenings het hom in die steek gelaat
koesend vir koeëls en waarskuwingskrete
kruip hy verward met sy hoed in die hand
om pynlik verleë te bedel, ‘n patroon of twee,
‘n bietjie koffie, en miskien ‘n handvol twak
(johannesburg, 1998)
———————
