sink
almal hardloop weg, die rotte vlug
hy is… soos sy skip wat sink
met plegtige respek kom die salutasie
middelvinger in die lug
trek ‘n blokfluit uit sy gatsak
speel ‘n doodspsalm, keer
die golwe met sy voorkop
kalm spoel die dieptes
lewe die fontein van oorvloed
manna, kwartels, eilandstiltes
in wysheid byt hy, met vlymskerp tande
in die soete vlees van tweede lewe
so kom maar aan verraaiers!
kruip maar nader spotter-skare!
een vir een sal julle voor die werklikheid moet staan
en as julle oë dit nie kan sien, en julle ore nie kan hoor nie
laat ek dit dan uitskree om dit in te sink:
DAAR SAL ALTYD LEWE WEES!
selfs vir die enkele oorlewende.
___________
