REDES (Om Nie Selfmoord Te Pleeg Nie)
(Alternatiewe titel: REDES OM DIT WEL TE OORWEEG)
- Ek is relatief gesond.
- Ek het twee girlfriends.
- Nie een van die twee ken my nie.
- Ek kan peanut butter bekostig.
- Ek het ‘n rekenaar.
- Ek werk nie môre nie.
- Ek moet drie bondels wasgoed was.
- Daar’s te veel mense.
- Teoreties gesproke moes twee mense seksuele omgang gehad het vir elke persoon op aarde, wat gereelde seksuele omgang tussen twee mense relatief normaal maak.
- Ek is abnormaal.
- Ek wil ‘n skrywer wees.
- Ek het geen inspirasie nie.
- Ek het ‘n paar idees.
- Ek wil ryk wees en op Stellenbosch bly en elke oggend ontbyt by McDonald’s of Bakoven eet.
- Ek wil ‘n paar prostitute as vriendinne hê, maar ek dink my ma sal mind.
- My sigarette brand te vinnig op.
- Ek kan nie die derde mannetjie op die tennis-game wen nie.
- Dis vyf voor drie op ‘n Donderdagoggend, en ek is 28.
- Die twintigste eeu is verby.
- Ek wil nog na Lenin gaan kyk, as hy nog daar is.
- Ek wil nog saam met ‘n mooi vrou in Parys wees as dit koud is.
- Rodney Seale kies nie meer my musiek nie.
- Daar’s altyd ‘n moontlikheid dat ek die jackpot kan slaan.
- Die kans is skraal.
- Ek raak vet.
- Cheeseburgers, pizza, Pringles, en chocolates.
- Miskien raak die lewe nooit beter as nou nie.
(Maart 2000)
