Oor ‘n Naweek In Die Berge

Deur 04 - 11 - 2001

[Gedurende die derde kwartaal van 2001 het ek heelwat ander Suid-Afrikaners ontmoet wat, soos die geval was aan die begin van 2000, 'n effek gehad het op hoe ek my lewe in Taiwan ervaar. Die volgende stukkie teks kom uit 'n brief aan my ou vriend, L.]

———————

“Kaptein X=2 hier. (Ek het myself egter nou geherdefinieer tot X-Is-Was-En-Sal-Nooit-4-Wees-Nie, want die vyand het te vinnig die ander kode uitgewerk.) [...]

Ek het nou net teruggekeer van ‘n naweek in – glo dit of nie – rowwe, onaangeraakte boswildernis. Uitgekamp langs ‘n rivier, met berge wat bokant ons uitgetroon het ensovoorts. En dit alles net twee-en-’n-halwe ure se ry op ‘n scooter van die vieslike, vuil, besoedelde Sodom waar ek al my tyd verwyl.

Siende dat soveel moederlanders nou die expat community hier geïnfiltreer het, hoef ek nie eens altyd Engels te praat nie. Hierdie naweek was geen uitsondering nie. Ons het selfs Anton Goosen geluister tot laat in die nag!

Anyways, ek’s bly jy leef nog – hoewel jy, soos ek vermoed het, te veel werk en nie tyd kry om koffie en koek saam met jou vrou te geniet nie. Ek moet nou eers die sand van my hond gaan afwas (‘n storie vir later), en vir my ‘n glasie vars groentee gaan skink.

Tot later dus
Kaptein Formule-4 (verkorte identiteit)”

~ Uit ‘n brief aan L. (4 November 2001)

———————

[Gedurende die Saterdagaand het ek ook 'n argument gehad met my nuwe vriende oor godsdiens. Dit het gelei tot die stuk "Om Oor God Te Praat".]

Hierdie inskrywing dateer: 04 - 11 - 2001 om 20:19 en sorteer onder Boek Een. [...]

Gesluit vir kommentaar.