Oor Interpersoonlike Verhoudings En Kreatiwiteit
Why do we need to interact with, and even have relations with other people? Because to interact with other people, to have a relationship with another person, gives value to our lives. And if our lives are worth something, it has meaning. It’s a mutually beneficial agreement: I’ll give you a sense that your life has value, and therefore meaning, and you do the same for me.
Tog, ek kry die idee dat jy twee opsies het: 1) om kreatief te wees en dinge te skep (boeke, beelde, geboue, ensovoorts), in die hoop dat hierdie proses, en die gepaardgaande identiteit van die “skepper” waarde sal gee aan jou lewe; en 2) as jy nie kan slaag in #1 nie, dan het jy ander mense nodig om jou bewus te maak van die waarde van jou lewe. Dus, misluk in #1, gaan na #2 (ander mense).
Hierdie beskouing is egter foutief, want jy moet jouself afvra hoeveel waarde jy werklik sal heg aan kuns wat jy geskep het, as dit totaal verwyderd is van verhoudings en interaksies met ander mense.
Gestel ‘n alleenlopende skrywer produseer ‘n internasionale topverkoper en wen indrukwekkende literêre pryse. Na al die boek-signings en applous gaan hy huis toe, waar hy – omdat dit die realiteit van sy lewe is – alleen aandete eet, alleen gaan slaap, en alleen opstaan sewe ure later. Hoeveel waarde gaan hy uiteindelik werklik in sy lewe sien? (“Volgende maand is daar ‘n nuwe topverkoper, ‘n nuwe sensasie…”)
Niks kan ooit die waarde van persoonlike interaksie, vriendskappe, en intieme verhoudings vervang nie. Om jouself te dompel in jou werk sal jou aandag aftrek van die afwesigheid van betekenisvolle verhoudings; aktiewe belangstellings en stokperdjies en plesier kan jou ‘n tydelike gevoel van geluk gee; en dwelms en drank kan jou tydelik onsensitief maak. Maar niks van hierdie dinge kan ooit vervang wat jy nodig het nie. Enige moontlike substituut sal altyd net tydelik wees; enige geluk van alternatiewe bronne, vlietend.
~ Uit die Pers Notaboek, 18 Oktober 2001
