Oggend, middag en aand op Dinsdag 12 Oktober 2004

Oggend: Gereed vir chaos?

Ek kan ophou om “Brand Smit” te wees en myself bloot “Ek” noem, wat, sover dit my aangaan, meer akkuraat sal wees as wanneer jý jouself dieselfde noem.

Middag: Om te verstaan … wanneer dit saak maak

Wanneer ’n persoon uiterste gevaar in die gesig staar, gebeur dit soms dat hy of sy uit die bloute ’n alternatiewe, en onder die omstandighede, meer toepaslike, begrip van die lewe ontwikkel.

Aand: Losses uit Gebuigde Dorp, Nommer Nege

0. Ek staan in ’n klaskamer, en ek neem waar voor my sewe aparte bewussyne, wat funksioneer volgens stelle gegewe data: manlik/vroulik, ouderdom, fisieke voorkoms, etniese agtergrond, ensovoorts.

1. Gruis word nie genoeg benut vir estetiese waarde nie.

2. Ek het nie net baie gedink oor identiteit nie, ek het ook baie gedink oor hoekom ek dink oor identiteit.

3. Dit voel amper asof ek ’n praatjie met myself moet hê waar ek duidelik aan myself moet stel, “Dis tyd om lank en hard te kyk na jou lewe, en jouself te vra hoe lank jy nog so kan voortgaan …”

____________________