Weereens: Vra Die Regte Vrae

Posted by brandsmit November 21st, 2009

Met enige iets waar ‘n ander individu of besigheid vir jou geld moet gee, is die vraag, “HOE KAN EK GELD MAAK?” verkeerd. Laasgenoemde is EK-gesentreerd, and let’s face it, EK/JY is dalk broke. EK is nie die een wat vir my geld gaan gee nie. So hoe kan ‘n mens verwag dat jy geld gaan MAAK met iets wat fokus op een wat geld NODIG het?

Die vraag moet eerder wees “WATSE WAARDE KAN EK GEE AAN HIERDIE MENS SE LEWE? HOE KAN EK BYDRA TOT ‘N VERHOGING IN KWALITEIT IN HIERDIE MENS SE LEWE?” Soms is dit ook relevant tot werk wat ‘n mens vir ‘n besigheid kan doen op ‘n freelance basis: HOE KAN EK MEER WAARDE VERLEEN AAN WAT HIERDIE MENSE PROBEER DOEN? And let’s face it, daar’s amper altyd iets.

Probeer dink aan hoe jy “geld kan maak”, en jy brand maklik vas (of jy kom vorendag met idees wat goed klink, maar met hoeveel kry jy die fundamentals reg?). Probeer dink aan hoe jy mense kan help, hoe jy meer waarde aan iemand se lewe kan gee, en jy kan probably dink aan dosyne dinge – soveel te meer as jy werklik glo aan die konsep; soveel te meer as die sukses in hierdie verband baie waarde sal verleen aan jou eie lewe.

Wie maak aan die einde geld met Internet Marketing? Dis die mense met ‘n goeie reputasie. Dis die mense wie se pogings meer waarde gee aan ander mense lewens – ongeag of hulle self so daaraan gedink het, of nie.

Ek het voorheen aan iets soortgelyks gedink, en dan, as ek weer sien, vra ek: wat kan ek verkoop? hoe kan ek geld maak met hierdie projek?

“WAT KOOP MENSE (WERKLIK)?” is alreeds ‘n groot verbetering, want jy fokus op die persoon met die geld. Maar selfs dit, is te veel gesentreerd op die geld-aspek, die geld wat JY gaan maak. Jy moet dink aan WAARDE, in die eerste plek. Selfs vir die mense uit wie jy nooit ‘n sent gaan kry nie. Want as jy niks anders uit die projek gaan kry nie, het jy ten minste geglo aan wat jy doen, ter wille van meer mense as net jyself.

Bookmark and Share

Tags:

My Kantoor, circa 2006

Posted by brandsmit August 16th, 2009

Kantoor, circa 2006

Kantoor, circa 2006

Bookmark and Share

Tags:

Veronderstellings Is Gevaarlik

Posted by brandsmit May 10th, 2009

‘n Mens probeer onthou om jouself nie skuldig te maak daaraan nie, maar elke nou en dan word jy weer gekonfronteer met die nare werklikheid dat jy aannames maak oor dinge wat jy nie werklik ken nie, of veronderstellings maak oor mense met wie jy nog nooit werklik gesels het nie.

So het ek nou al menigmaal die naam “Kletskerk” gesien op Google as ek vir iets in Afrikaans gesoek het. Dalk was dit die een of twee sinne wat onder die link verskyn, of dalk was dit net die idee van ‘n klomp mense wat sedige gesprekke voer op ‘n beleefde gespreks-platform, maar ek het nog nooit die site besoek nie.

My veronderstelling van wat ek daar sou aantref, het my beroof van goeie inhoud, so’t ek gisteraand en vanoggend wysgeraak.

Laat gist’raand wil ek kyk wat Google produseer oor my een niggie (dit was of dit, of nog ‘n rondte Super Mario). Haar naam, en haar van bring my toevallig op ‘n ou bespreking op die Kletskerk-forum getiteld, Verandering: Verleentheid of Geleentheid? Vir die volgende 20 minute het ek die stimulerende struweling gevolg tussen die karakters “Rooibaard” en “Estian Bosch” oor wat dit beteken om ‘n Afrikaner te wees, oor Afrikaner geskiedenis, oor skuld en skaamte en bleeding heart liberals en Christenskap en Dan Roodt en Zulu kultuur.

Vanoggend terug op “kantoor” reken ek om die hoofblad te besoek. Vanuit ‘n estetiese oogpunt het ek gedink die layout is verfrissend, en niks het die indruk geskep van gesensorde gesprek of onderdrukte intellektuele vryheid nie. En ‘n artikel deur Willie Esterhuyse (Godsdienstige keerpunt: Ons is tot interpretasie gedoem) was die laaste strooi: ek het die site gebrandmerk as op my lys van daaglikse leeswerk.

Dalk is ek onnodig opgewonde (ek het immers nog net die twee blaaie gelees); dalk is ek net desperaat vir blootstelling aan nuwe idees in Afrikaans. Maar vir nou is die voordeel van die twyfel aan die kant van kerk. En ek is weereens herinner daaraan dat veronderstellings en aannames gereeld verkeerd is, en dat ekself die een is wat soms die meeste verloor in die proses.

Update: Ek het nou net die deel, Kletskerk vir Beginners gelees, en ek mag dalk op die regte plek wees. Ek haal aan:

Vergeet van die naam van hierdie forum. Hierdie is nie ‘n kerk nie en nie almal is Christene nie. Jy sal hier die uiterste meningsverskille, persoonlikhede, en manier van doen raakloop. Sien dus hierdie forum as n grepie uit die wereld soos dit daarbuite is eerder as ‘n die wereld soos jy dit graag sou wil he

Bookmark and Share

Tags: , ,