Negentien maande, vier woorde, toewyding en wildernis

Vrydag 6 Februarie 1998

Kennis, vaardighede, selfvertroue, durf. Ek het die afgelope negentien maande in Korea die werklike betekenis ontdek van hierdie vier woorde.

Maandag 9 Februarie 1998

My vrees, of lugtigheid, vir toewyding, is die resultaat van my vrees vir mislukking.*

“Waaraan moet ek myself toewy?” is die vraag wat by my bly spook, want ek kan nie, ek kan eenvoudig nie myself verbind tot die materialistiese middelklaswêreld nie. Ek assosieer dit met te veel mislukking. En die risiko’s is te hoog.

Wat bly oor? Daar is niemand – wat vir my belangrik is, in elk geval – in wie se voetspore ek kan volg nie. Dis onbekende gebied. Dis wildernis.

———–

* Nog ’n insig uit ’n fliek – The Butcher’s Wife dié keer. Ek het al begin insluimer toe die een karakter skielik hierdie gedagte verwoord.

______________________