‘n VERANTWOORDELIKE STUK: BALLINGSKAP ESSAY # 10
26 November 2001
‘n Mens kom op ‘n tyd in jou lewe wanneer jy ‘n paar waarhede in die gesig moet staar. Een van hierdie nare waarhede is dat jy dalk vir ewig gaan leef – of ten minste tot jy oud en uiteindelik seniel genoeg is om in ‘n ouetehuis gelos te word. Die noodwendige vraag wat ‘n mens vir jouself wil afvra as jy nie hierdie onaangenaamheid uit jou kop kan skud nie, is wat op aarde gaan jy doen as jy wél vir nog veertig of vyftig jaar gaan leef?
‘n Mens vind jouself tans in ‘n posisie waar jy nog relatief jonk is. Jy’s steeds in ‘n stryd gewikkel om hang-ups af te skud wat jy al sedert jou tienerjare saam met jou rondsleep; jy’s nog besig om vir jouself ‘n klein erfie af te span in die groot wye wêreld; en jy’s nog hard aan die stry met jouself (en met jou familie) oor presies wat dit is wat jy wil doen met jou lewe…
———————
[Nog 'n stomp einde. Nie 'n goeie teken in ag genome dat dit die lang-verwagte "verantwoordelike stuk" was nie, maar nou ja.
Ter apologie kan ek noem dat dit nog vyftien maande sou vat voor ek op die idee van hierdie boek sou kom, en dat ek in November 2001 nie te veel gemoeid was daarmee om actually enige stuk af te handel nie. Tyd was volop om nuwe stukke te begin; om dit klaar te maak sou werklike konsentrasie vereis...]
