LIGBRUIN KORTES
I. Hoekom sal mens ‘n skepper van enige iets wil wees? Omdat dit ‘n voortdurende proses is van skepping-en-vervulling, skepping-en-vervulling. Die Kreatiewe Proses is nie ‘n enkele ding, of ‘n plek waarna jy soek nie – en as jy dit gevind het verklaar jy dat dit waarlik manjifiek is, maar terselfdertyd weet jy dat dit nie is waarna jy jou hele lewe moes gesoek het nie. Om ten volle opgeneem te wees in die Kreatiewe Proses verbind jou nie net tot jou ware natuur nie, dit is ook ‘n bron van vervulling, selfs vergenoegdheid, wat op homself voed.
II. Droom van die poskantoor, die hond wat op die scooter spring, en die kamer in die huis in die suburbs laat in die nag – geen gordyne voor die vensters nie, kan op die bed lê en die stil, donker, boomlose straat sien…
III. Een ou dink as hy net ‘n miljoen dollar agter sy naam kan kry, dan’s alles reg. Hy’t baie idees, reken hy, en hy sal baie dinge doen wat die gewone ou nie sal doen nie. Hy weet almal sal graag ‘n miljoen wil hê, maar, glo hy, dis om stupid redes. Sy redes, so glo hy verder, is werklik goed. Hy reken actually hy verdien ‘n miljoen. Hy glo ook dat dit uiteindelik sal gebeur.
Dan kom hy agter almal het sulke drome, en nie almal se idees is stupid nie. Hy kom ook tot die onaangename besef dat meeste mense se lewens gaan oor Plan B – what to do if I don’t have that Cool Million…
IV. Die afgelope paar jare het dit duidelik geword dat dit binne my bereik is om ‘n buitengewone lewe te lei – to not be trapped in the mediocrity of conventional life. Maar dan kan ek nie kla as ek nog ‘n Saterdagaand alleen ontbyt sit en eet voor die TV nie. ‘n Buitengewone lewe kom nie goedkoop nie. Ek het baie werk om te doen.
~ Uit die Ligbruin Notaboek, Oktober tot Desember 2000
