lig wat binnedring
geraamte-vlees, atoom-vol-siel
sal ek eerbiedig kniel
en instem dat dit ál kan wees?
dan dink ek aan ‘n kind
die onskuldige gelag;
teerheid in die woorde
van een wat jou bemin;
hoop in dinge steeds onsigbaar;
die angs wat nuwe liefde bring
: idees wat aanhou spring
tot die geheel daarvan jou binnedring
___________
