kind

Deur 12 - 08 - 2009

wat doen die kind
as die wêreld om hom werklik word?
wat doen hy as die wolwe aanhou huil
en hy versoening toenemend soos verstrikking vind?

word die kind voortvlugtend
of keer hy in homself?
sal hy in elk geval verstaan
as hulle hom skaam, of anarchisties noem?

en as hy die wolwe nie kan mislei
of hulle van sy reuk ontspoor nie,
sal dit werk as hy stukkies van sy siel wegsny?
sal die wolwe se bloeddorstige aptyt gaan lê?

kan hy dan gaan sit, kan hy eenkant wag
tot die gefragmenteerde siel grys klippe vorm?
mag hy glimlag as die wolwe dan waansinnig
soos besete varke by die krans afstorm?

___________

Hierdie inskrywing dateer: 12 - 08 - 2009 om 03:12 en sorteer onder Koors. [...]

Gesluit vir kommentaar.