Hoop op ’n beter inkomstestelsel, en ’n paar ander dinge

WOENSDAG 2 FEBRUARIE 2011

Die gemiddelde buitelandse Engelse onderwyser in Taiwan se inkomstestelsel het vier nadele:

1. Die werk is vervelig en herhalend.

2. Hulle werk vir mense wat soms slegte besluite maak wat hulle werk bemoeilik, en hulle kan nie veel daaraan doen nie.

3. Hulle inkomstestelsel is gekoppel aan spesifieke plekke, wat beteken hulle moet elke dag enige iets tussen 30 minute en twee ure op die pad spandeer, heel waarskynlik op ’n bromponie, en soms in drukkende hitte en/of swaar moesonreëns.

4. Die inkomstestelsel is nie volhoubaar nie – in vele gevalle kan hulle nie steeds hierdie werk doen in tien of 15 jaar se tyd nie, en daar is nie veel geleentheid vir beroepsontwikkeling nie.

Dit gesê, beny ek soms onderwysers met ’n redelike vol skedule hulle inkomstestelsel, as gevolg van een voordeel: hulle moet ’n stel reëls volg elke dag van die week, Maandag tot Vrydag, en die eindresultaat is ongeveer NT$3,000 [ongeveer US$100] per dag. Drie duisend nuwe Taiwan dollar. Per dag. Vyf dae per week.

DONDERDAG 3 FEBRUARIE 2011

Ek hoop om minder entoesiasties te raak daaroor om standpunt in te neem sonder dat ek behoorlik oor iets gedink het, of genoeg feite onder oë gehad het; ook om sonder versuim ander te wil inlig hoekom ek dink iemand is verkeerd, en hoekom ek reg is.

Ek hoop om toenemend ’n beter luisteraar te word, want selfs wanneer iemand verkeerd is oor een ding, kan hulle steeds ’n paar geldige punte maak oor iets anders. En selfs al is iemand in jou opinie verkeerd, kom hulle argument steeds van êrens af, en dit is altyd beter om begrip te ontwikkel vir die oorsprong van ’n ander persoon se oortuigings, as om dit nie te verstaan nie.

______________________