GESPREK IN DIE GANGE VAN VERWARRING

Deur 08 - 10 - 2003

“O, Meneer die President! Ek is so bly ek loop u raak…”

“Ja? Wie’s jy?”

“Uhm… ek is die Sekretaris van Repatriasie.”

“Goed. Wat wil jy hê?”

“Wel, Meneer die President, die Sekretaris van Binnelandse Sake het die Sekretaris van Finansies genader oor die moontlikheid van om ‘n nuwe tweedehandse televisiestel aan te skaf. Die Sekretaris van Finansies het toe die Sekretaris van Binnelandse Sake ingelig dat enige aankope van daai grootte eers deur my departement goedgekeur moet word. Ek sê toe ek sal met u daaroor praat.”

“‘n Nuwe televisiestel?”

“Uh, ja, Meneer die President. Ek weet hierdie is ‘n moeilike tyd vir u administrasie, en die vraagstuk van repatriasie… wel, ek is bewus van die feit dat dit ‘n sensitiewe aangeleentheid is. Maar kan ek so onbeskaamd wees as om te vra na die huidige beleid oor hierdie saak? Gaan ons huis toe, Meneer die President, en indien wel, wanneer?”

(Woensdag, 8 Oktober 2003)

___________

Hierdie inskrywing dateer: 08 - 10 - 2003 om 15:07 en sorteer onder Boek Twee. [...]

Gesluit vir kommentaar.