fragmente van ‘n toekoms
i
oor die woestyn lê verstrooi
drome, simbole, metafore van ‘n toekoms
nog bevrore jare – koud en sonder lewe
maar in verstikkende hitte, hard aan die ontdooi
ii
uit juweel-belaaide slote kom die dwase
wat verslane helde sonder skaamte bly vereer
ook banggatte van weleer wat hulleself bekeer
tot ‘n vars broeisel profete, priesters en baronne
‘n toekoms, sonder gelyke en ongekarteerd,
of so word daar in elk geval, telkemaal beweer
___________
