Duiwels in die Withuis – tweede notas

DINSDAG 11 JULIE 2017

Het Ronald Reagan, George H.W. Bush, hulle CIA-hoof William Casey en ander mense in die Reagan administrasie geweet hoe die mense wat hulle opgelei en bewapen het, dorpies in Guatemala aangeval en voor die voet mans, vrouens en kinders vermoor het? Het hulle geweet hoe kinders se koppe stukkend geslaan is teen rotse? Het hulle geweet hoe die mense wat hulle opgelei en bewapen en morele ondersteuning gegee het, gelag het omdat ou mense soos skape geblêr het toe hulle kele afgesny is met stomp messe?

Het die politieke leiers in Washington ondersoek ingestel toe sulke gerugte die rondtes begin doen het? Indien nie, hoekom nie?

Indien hulle wel geweet het, en dit afgemaak het as die prys wat betaal moet word om “kommunisme” te stuit, is dit nie onredelik om te verklaar dat as Lucifer self met ’n bok se bebloede kop op sy skouers in die Withuis gesit het in die plek van Ronald Reagan en sy trawante, hy nie ’n meer destruktiewe invloed sou gehad het op miljoene mense se lewens in Sentraal-Amerika as wat Reagan, Bush, Casey en dosyne ander kermende demone in die Reagan administrasie wel gehad het nie.

Maak geen fout nie: Die Sowjet-Unie was dalk die “Evil Empire”, maar jy hoef nie ver te soek vir bewyse dat Amerika onder Ronald Reagan die “Koninkryk van Lucifer” was nie.

———–

Meer inligting:

Dos Erres massacre

Buried On a Hillside Clues To Terror; Scientists Uncover Evidence of a Massacre

Foreign policy of the Ronald Reagan administration: Guatemala

Guatemalan Slaughter Was Part of Reagan’s Hard Line

Call Attention to Ronald Reagan’s Criminal Involvement in Guatemalan Genocide

Western Hemisphere Institute for Security Cooperation, formerly known as the U.S. Army School of the Americas

En ’n redelike swak poging om Reagan te verdedig:

‘Did Reagan Finance Genocide in Guatemala?’

______________________