DIE PLAN VAN VRYDAGOGGEND, 19 SEPTEMBER 2003
Ek gaan hier bly vir so lank as wat dit nodig is om ‘n langtermyn-inkomste te verseker vir myself, en vir enige ander persoon/persone wat moontlik op die langtermyn my lewe mag betree.
Verder is dit om verskeie redes vir my belangrik om die Chinese taal te bemeester – persoonlike vervulling, praktiese waarde en suiwer belangstelling.
Dan wil ek die skryfwerk afhandel waarmee ek die afgelope meer as tien jaar al besig is. Ek oorweeg dit selfs om dan vir ‘n paar maande of ‘n jaar glad nie te skryf nie. Na hierdie periode van rus sal ek weer agter die rekenaar inskuif, en moontlik iets soos kortverhale begin skryf.
Dit is die plan, op Vrydagoggend, 19 September 2003 om 23 minute oor drie in die oggend.
___________
