DIE 15 SEPTEMBER 2001-PLAN

Deur 15 - 05 - 2003

['n Kort terugflits na September 2001, net om dinge weer in perspektief te plaas.]

———————

DIE TWEE-JAAR PLAN VAN ‘N OU WAT EK GLAD NIE KEN NIE, EN WIE SE NAAM NIE BRAND IS NIE:

Hierdie ou kan vir nog twee jaar lank, dit wil sê tot einde Desember 2003, in Taiwan aanbly.

DIE VOORDELE WAT SO ‘N PLAN SAL INHOU, KAN AS VOLG OPGESOM WORD:

  • Hy kan vlot Chinees leer praat, en selfs tot ‘n beperkte mate leer lees en skryf – ‘n baie waardevolle en bemarkbare vermoë.
  • Hy kan sy studieskuld afbetaal.
  • Hy kan geld spaar om te belê in iets.
  • Hy kan sy tyd oor die volgende twee jaar en drie maande op so ‘n wyse organiseer dat hy genoeg kan skryf en kan voortgaan met die ontwikkeling van persoonlike projekte.
  • Hy kan voortgaan met sy amateur musiek-studies.
  • Hy kan reise onderneem na lande in die Verre Ooste wat moeiliker bereikbaar is vanuit Suid-Afrika.
  • Hy kan suksesvol afhandel wat hy op 29 Junie 1996 begin het.

“Is daar nadele?” vra jy.

Ja, daar is altyd.

Hierdie inskrywing dateer: 15 - 05 - 2003 om 23:52 en sorteer onder Boek Een. [...]

Gesluit vir kommentaar.