Dertien minute op ’n Saterdagaand – nou beskikbaar

“Ek is gebore in die Republiek van Suid-Afrika. Ek verstaan twee van die tale wat gepraat word in die Republiek van Suid-Afrika. Mens kan pekanneut tert koop by die Spar in die Republiek van Suid-Afrika. Mens kan ook Afrikaanse koerante daar koop. Mens het wel ’n kar nodig as jy van Middelburg af Bronkhorstspruit toe wil gaan, of andersom. Mens het ook ’n kar nodig om ander redes. As ’n man 32 jaar oud is en hy’t nie ’n kar nie, sal dit nie ’n verskil maak dat hy sewe jaar in Noordoos-Asië gewoon het, of dat hy gebroke Chinees kan praat, of dat hy ’n twee-in-een boek geskryf het wat ’n anti-glans filter sonder hakies staande kan hou op net die regte hoogte teen ’n rekenaarskerm nie. Al wat saak sal maak, is dat hy nie ’n kar het nie – wat beteken hy’s nie veel beter as ’n boemelaar nie.”

* * * * * * * * * * *Dertien minute op 'n Saterdagaand

As iemand ’n resensie moes skryf oor die boek, sou die persoon gesê het dis sy toeganklikste boek nog, selfs kommersieel bemarkbaar, hoewel steeds nie gerig op die massa-lesersmark nie, en steeds nie bedoel vir kinders nie.

INHOUD

(Die aktiewe titels maak oop in PDF)

Knipsels uit die skrywer se testament, April 1994
Die tikmasjien
Jakob skep ’n illusie
Die waarheid is te soet (vir ’n honger man)
Saterdag 31 Oktober 1998
Uitlander bestel ’n kaasburger in Taiwan
Kalmeer vir eers
(Onder andere) Die woonstel
Die vrou
Bernard en die ongelowiges. Of, die droom van die poskantoor, die hond wat op die scooter spring, en die kamer in die huis in die suburbs laat in die nag
Die mummie en die nagmark
Wat mense doen
Nuwe ritmes en ou insigte
Die amperse einde
’n Alter ego kortverhaal fragment
Sondag 19 Augustus 2001
Brahms en die stukkie papier
Gesprek met ’n ou geliefde (i)
Die een wat weggekom het/Die ewige hoop
Stuk # 245: Oor aartappelslaai
’n Lekker naweek
Realiteit, en ’n paar ander feite
Moving things and people: Round-a-bout the middel of March, Either or … end of November/Start of December, Definitely late January
Skroeiende sosatie
Gesprek met ’n ou geliefde (ii)
Dertien minute op ’n Saterdagaand
Drie insidente
Aandete, ongeplunderd
Saterdag 27 Desember 2003
Kom ons skryf ’n stuk…
Swanedam sê vir eers totsiens
Die kommersiële diktatorskap: ’n Rewolusie van ’n ander aard, Die 99 dae van die Kommersiële Diktator, KOM-DIK Dokument 001, ’n Rekenaarstuk: Maandag 12 April 2004, Nie ’n ballingskap essay nie selfs al lyk dit so, Nota aan die Kommersiële Diktator, Die einde van ’n (kort) era
Slaan die tentflappe vas
Opsies
(Aanvanklik) Kraglose Vrydag
Potplante is common (nie dat ek ’n klassis is nie)
’n Nuwe benadering?
Die stilte van die veld: Sondag 8 Augustus 2004 – Vrydag 13 Augustus 2004 – Sondag 15 Augustus 2004 – Vrydag 20 Augustus 2004 – Saterdag 4 September 2004
Wie is ek werklik?
Die 41e Donderdag
’n Eksistensiële sprokie
Thoughts on a train
Dokument 1_181104_2359
Teëls
Vertrekpunt
Gedagte op Vrydag 14 Januarie 2005 om 14:39
Liao-fan’s one lesson
Reën in Bronkhorstspruit: Donderdag 10 Februarie 2005 – Donderdag 17 Februarie 2005 – Maandag 21 Februarie 2005
Droom van sout, twee vrouens en ’n eier
Nie my laaste nota nie
Twaalf minute op my fiets

____________________

Dertien minute op ’n Saterdagaand  is nou beskikbaar in die volgende formate:

GEDRUKTE KOPIE: US$7.95 £4.95, €6.49

Createspace

(Gedrukte kopieë sal binnekort bestel kan word in Suid-Afrika.)

DIGITAAL: verskeie formate: US$5.99

Smashwords – EPUB (iPad, Sony Reader, iPhone, Kobo, Nook, BeBook, en ander elektroniese leestoestelle, insluitende rekenaars), MOBI (vir Kindle, asook Windows rekenaars en ander elektroniese leestoestelle), LRF (Sony Reader), PDB (Palm Doc)

DIGITAAL: PDF: US$5.99

E-Junkie – PDF’s is leesbaar deur meeste elektroniese leestoestelle, insluitende e-readers, tablet PC’s, en natuurlik gewone rekenaars.

Buy Now

———————

NAVRAE: Vir enige navrae kontak my asseblief by mail[at]brandsmit.net

____________________