betree die dag
my podium staan douvoordag op eie grond
gedagtes vir die dag moet ek nog formuleer
elkeen vir homself is dalk die norm
soveel te meer moet ek myself dan transformeer
so gee ek oor die leisels van die nag
skraap bymekaar wat ander elke dag verwag
begin op ‘n drafstap saam te storm
tot ‘n kommerfrons eerbiedig oor my voorkop vorm
ek bestel vroegtydig my ontbyt
van ‘n handgeskrewe spyskaart
laat dan my opinies wyd en suid
klingel soos klokkies van my weekoubaard
want wat mense weet van neigings en van aard
kan in stof geskryf word op ‘n ongewaste ruit
sou mense ooit wou vra na raad
sal ek dit aanbied met genadelose nugterheid
___________
