Beskeie Raad Aan Die Self
[Vele kiloliters water het in die See van Selfvertroue geloop sedert die eerste tekste van hierdie literêre projek, en dan veral vanaf 2000 toe ek geglo het ek nie veel van 'n indruk maak op mense wat my ontmoet nie.
'n Beter indruk het ek nie noodwendig gemaak teen die jaar 2002 nie; ek het myself net aansienlik minder gesteur aan die saak. Om die waarheid te sê het ek begin ly aan 'n kompleks waar dit soms nodig is om jouself aan sekere dinge te herinner.]
———————
Miskien moet ek meer beskeie wees. Elke persoon weet iets wat ék nie weet nie, kan iets doen wat ék nie kan doen nie, en het al baie dinge ervaar wat ék nog nie ervaar het nie. Elke mens – jonger as ek, ouer as ek – is beter as ek op een of ander manier. Leer by mense. Maar onthou ook, dis nie belangrik dat almal van jou moet hou nie. Dis onnodig, en tot ‘n mate irrelevant. Vra vrae….
***
[Nog 'n brokkie advies, gebaseer op die besonderse insig dat ek meer tyd moet spandeer met ander mense:]
I finally understand that I have to relate. I have to interact.
You’d say, “But you must have known that, ten, fifteen years ago.”
Yes, something to that extent was known to me. It was ‘common sense’ and as such I accepted it at face value. But it was always someone else’s words. It took me all this time to confirm its relevance to my own self in my own voice.
You’d also say, “Come on, do you want to tell me it took you three years in Taiwan to realise this? Wasn’t that what you said in Korea – to belong and commit?”
Upon which I would reply, “That was not clear enough.”
To-belong-and-commit without actually relating-and-interacting is an empty phrase. It is only when you start to interact and relate when it becomes possible to commit and to belong. And it did take me three years in Taiwan to realise this.
~ Uit Notas Op ‘n Verskeidenheid Stukkies Papier
———————
[Hoe wys kan 'n mens nie klink – al is dit oor iets wat vele steeds as “common sense” sien – en steeds nie jou eie raad volg nie? Hierdie tweede brokkie advies is een van daai insigte... jy kry dit, jy skryf dit neer op 'n stukkie papier, en jy gaan voort om presies die teenoorgestelde te doen...]
